Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Internasionaal
Brittanje wys sy eerste swart sporthoof aan

Tom Ilube sê hy is gemaklik met sy pos as die eerste swart voorsitter van ’n sportbeheerliggaam in Brittanje nadat hy as die hoof van die Engelse Rugbyunie (RFU) aangewys is.

Tom Ilube maak geskiedenis in die sportraadsale van Brittanje. Foto: Getty Images

BBCSport berig Ilube het Andy Cosslett by Twickenham vervang en sy eerste mandaat is om rugby op voetsoolvlak op dieselfde vlak te kry as voor die Covid-19-pandemie.

Ilube (58) het in 2017 weens sy sukses as ’n tegnologie-entrepreneur en filantroop die boonste plek op die Powerlist beklee – ’n lys van die 100 invloedrykste mense met ’n Afrika- of Afro-Karibiese erfenis in Brittanje.

Ilube is die seun van ’n Nigeriese pa en Engelse ma en het tyd in Uganda en Nigerië as kind deurgebring.

Sy doelwitte by die RFU is onder andere om ’n wenkultuur onder die mans- en vrouespanne te vestig, die sport te bevorder en kwessies rakende spelerwelstand te hanteer, maar hy sal ook dien as ’n kampioen van diversiteit.

Ilube glo rugby se beeld as ’n sport vir die elite is onregverdig en die saak moet aandag kry.

Tom Ilube was voorheen onder andere ’n nie-uitvoerende direkteur by die BBC. Foto: Getty Images

“Ek is die eerste swart voorsitter van ’n nasionale sportbeheerliggaam, wat opsigself nogal interessant is,” sê hy.

“Ek is regtig in my skik dat rugby die sport is wat iemand sy eerste swart voorsitter gemaak het, dit is wonderlik. Ek is gemaklik met daardie pos en om met mense te gesels en my gedagtes te kommunikeer.

“Mense sê ‘wie is hierby betrokke?’ en dan begin hulle betrokke raak. Ek sal baie daaroor gesels en help waar ek kan.

“Maar ek dink jy benodig diversiteit van alle tipes om werklike kragtige spanne te hê. Sosio-ekonomiese diversiteit is ook baie belangrik. Dit is iets na aan my hart en ek sal alles doen wat ek kan om te help.

“Rugby is ’n briljante spel en ek sal mense van alle agtergronde aanmoedig om daarby betrokke te raak.

“Ek het gesprekke met baie swart spelers en afrigters en voormalige spelers gehad. Hulle is werklik tevrede met wat die sport vir hulle gedoen het, maar hulle voel die sport kan selfs meer doen.

“Soms moet jy kyk na die kwessies wat jong mense keer om by rugby betrokke te raak en soms is dit iets eenvoudig soos vervoer na en van die klubs.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Rfu  |  Tom Ilube  |  Toetsrugby  |  Engelse Rugbyunie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.