Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Internasionaal
Oud-Kimberliet druk 3 keer vir Amerika

Hanco Germishuys (25), ’n oud-Kimberliet wat deesdae vir die Amerikaanse Eagles-rugbyspan as ’n vleuel uitdraf, het Saterdag die Eagles se oorwinning van 38-16 oor Kanada gelei met die druk van drie drieë in die eerste helfte.

Saterdag se oorwinning volg op ’n skoknederlaag die vorige week toe Kanada met 34-21 gewen het.

’n TV-kommentator het tydens Saterdag se wedstryd in Infinity Park in Colorado opgewonde na Germishuys se bynaam “The Terminator” verwys en hom ná sy drietal “big Hanco Germishuys” genoem.

Ruben de Haas (23), voormalige Cheetah-skrumskakel en Germishuys se spanmaat, het ook ’n drie gedruk en ’n manjifieke skepskop oor die pale gestuur, waarna daar geen keer aan die Eagles was nie.

Hanco Germishuys van die Amerikaanse Eagles in aksie teen Kanada die afgelope Saterdag. Foto: Travis Prior/USA Rugby

Germishuys, wat in sy jonger dae vir die o.13-Griekwas uitgedraf het, het in 2017 vier drieë teen Kanada in die Americas Pacific Challenge in Uruguay gedruk.

Jaco Germishuys, Hanco se pa, sê hy moes homself Saterdag langs die veld beteuel.

“Hy het eintlik drie en ’n driekwart drieë gedruk, want was dit nie vir hom wat die bal uit die lug gepluk en gedryf en toe dadelik beskikbaar gemaak het nie, sou Christian Dyer nie sy drie kon druk nie. Hanco het eintlik die hele span gedurende die eerste helfte gedra.

“Ek is baie trots op hom, want ek kan sien hoe sy spel met elke wedstryd verbeter. Hy is nou een van die senior spelers en hul kommunikasie onder mekaar het vrugte afgewerp.

“Hul span was waarskynlik te oorgretig in die wedstryd van twee weke gelede teen Kanada en het foute begaan. Die afrigters het daarna die hele voorry vir die jongste wedstryd vervang, en hul lynstaanspringers het hulle goed van hul taak gekwyt.”

Pa en seun praat gewoonlik ’n uur of wat voor die spel wanneer wenke gedeel word.

“Hy hou daarvan om my ’n stywe druk te gee wanneer ek wedstryde kan bywoon,” sê Jaco.

Germishuys het terwyl hy in die Laerskool Newton was in die junior Cravenweek gespeel voordat hy sy hoërskoolloopbaan by Landboudal begin het. Hy en sy susters, Laurissa en Melanie, het in 2011 na hul pa en stiefma, Donna, in Nebraska verhuis. Hul ma, Elsabe Compton, bly ook in Omaha.

Meer oor:  Hanco Germishuys  |  Kimberley  |  Oorwinning  |  Drieë  |  Rugbyspan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.