Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jake White stroop wéér in Baai
CJ van der Linde is ook op pad Frankryk toe. Foto: Werner Hills
JP du Plessis verruil die Cheetahs vir die OP. Foto: Conrad Bornman

PORT ELIZABETH. – Moeders, sluit jul seuns toe! Jake White soek hulle in Frankryk.

Dis omtrent hoe ’n vuisvoos Suid-Afrikaanse rugbypubliek met reg kan voel ná dié voormalige Springbok-breier Maandag nóg ’n oud-Bok gelok het na Montpellier, waar hy nou afrig.

Die stut CJ van der Linde, wat 75 toetse gespeel het, sluit reeds teen die einde van die maand by White in Montpellier aan.

Vir die Kings is dit ’n uiters gevoelige slag, aangesien Van der Linde boonop hul skrumdokter is.

Dié taak sal na verwagting oorgeneem word deur Rob Kempson, die bestuurder van die Kings se Akademie en ook ’n oud-Bok stut.

Lees ook:

Duane Verme​ulen se verskoning is maar flou

Pieter-Steph du Toi​t wil na Kaap terugkeer

WB '95-terugbli​k: Die Jonah Lomu-gevaar

Liam Messam kies ​Spele bó Super-rugby

Charl Crous, die Kings se uitvoerende hoof, het Van der Linde Maandag geprys vir die goeie werk wat hy in sy tyd by die Kings gedoen het.

“Hy het baie ervaring na die Kings gebring en was ’n mentor vir ons jonger voorspelers,” het Crous gesê.

“ ’n Klousule in sy kontrak het hom toegelaat om aanbiedinge van die buiteland te oorweeg en ons wens hom alles van die beste toe met sy toekoms.”

Maar White se byna maniese kontraktering van Suid-Afrikaanse spelers om Montpellier te versterk laat ’n mens se kop draai.

Van der Linde volg in die spore van ander groot kanonne soos Bismarck en Jannie du Plessis, Pierre Spies en Demetri Catra­kilis.

Saam met Van der Linde het White nou reeds 11 Suid-Afrikaners nader gehark.

Dis nie die eerste keer dat ­White die Kings se planne deurmekaar krap nie.

Einde verlede jaar het hy ook die Kings se voorspeler-afrigter Shaun Sowerby se dienste bekom.

Hy het boonop die Aussie-skrumskakel Nic White en heelagter Jesse Mogg op sy boeke.

Daar is Maandag in die Baai gespot dat White te lui is om Frans te leer. Daarom skuif hy nou al die plaaslike Franse spelers eenkant toe en bring spelers wat Engels vlot kan praat in.

■ Die Kings het darem Maandag ’n bietjie goeie nuus ook gehad.

Die voormalige Stormers- en Westelike Provinsie-senter JP du Plessis het hom by die span aangesluit.

Du Plessis het, ironies genoeg, van 2013 tot 2014 vir Montpellier gespeel voordat hy hom vroeër vanjaar by die Cheetahs aangesluit.

Vleis Engelbrecht (agtsteman) en Basil Short (stut), die twee leenspelers van die Bulle, oefen ook reeds volstoom saam met die Kings.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.