SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Rugby
Kampala se koorlid kook nou vir Kings
Tim Agaba, agtsteman van die OP Kings, moes ’n lang pad van Uganda na Port Elizabeth loop om homself as ’n beroepspeler te vestig. Hy sê hy wil as ’n intelligente speler beskou word. Foto: Gallo Images

Port Elizabeth. – Tim Agaba was eens ’n koorsanger en wou ’n marine-bioloog word, maar nou konsentreer hy op rugby.

Dié 26-jarige agtsteman het sy buiging al in 2013 vir die OP-Kings gemaak, maar heelparty rugbykykers het eers verlede week behoorlik van hom kennis geneem.

Dit was toe hy in Durban as die Speler van die Wedstryd aangewys is, al het die Kings hul Curriebeker-wedstryd teen die Haaie verloor.

Agaba het uitstekend vertoon en sy vaardighede is deur onder andere die voormalige Springbok-kaptein Bob Skinstad aangeprys.

“Ek voel gevlei, maar my taak is vergemaklik deur my spanmaats wat ons op die voorvoet geplaas het,” het Agaba gesê.

Dat die Kings steeds verloor het, is vir hom ’n bitter pil om te sluk.

“Ons soek net daardie eerste oorwinning in die reeks om ons behoorlik in rat te kry.”

Die Kings speel Vrydagaand hier in die Nelson Mandelabaai-sta­dion teen die Pumas en Agaba verwag ’n kwaai stryd. 

“Ek dink hulle (die Pumas) sal ons wil terug­kry nadat ons hulle verlede jaar in die laaste wedstryd van die seisoen pak gegee het.”

Lees ook:

Frans en Morné S​teyn oefen saam Bokke

Victor Matfield op pa​d na die Stormers?

Pumas nou ’n Currie​beker-grote

Beseringspook raak​ bedrywig in Haaie-kamp

Agaba is nie ’n losvoorspeler wat met brute krag deur duikslae breek nie. Hy skoei sy spel eerder op dié van die All Black Kieran Read, wat ’n skakel tussen die voor- en agterspelers is.

Hy vind dit effe verbasend dat hy nou ’n beroepsrugbyspeler is, aangesien hy laat in sy hoërskooldae begin speel het.

“Ek is in Kampala, Uganda, gebore en toe het ons na die Transkei getrek en later is ons Oos-Londen toe.”

Hy was in die koshuis by Stirling High en het begin rugby speel “omdat al die ander ouens dit gedoen het”.

Volgens Agaba was hy heel gelukkig om in die koor te sing, muurbal te speel en oor ’n loopbaan as marine-bioloog te droom.

Hy het egter so goed gevaar met die rugby dat hy ná skool Haaie toe is, maar hy kon weens beserings nie veel speel nie.

Ná sy Durbanse draai het hy by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit ingeval en gou die Madibaz se uitsoekspan gehaal. 

“My slegste ervaring op die rugbyveld is die nederlaag wat ons in 2013 in die Varsitybeker-halfeindstryd teen die Maties gely het,” sê Agaba.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.