Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
3 veranderinge aan Britse Leeus-span
Conor Murray sal Saterdag in die tweede toets teen die Springbokke in die Kaapstad-stadion die Britse en Ierse Leeus se toutjies agter die oond trek. Foto: Getty Images

Die Britse en Ierse Leeus se uitstekende terugvegpoging om die eerste toets teen die Springbokke te beklink, het nie hul afrigter, Warren Gatland, verhoed om veranderinge aan sy 23-tal aan te bring vir Saterdag se kragmeting in die Kaapstad-stadion nie.

Gatland het drie skuiwe in die beginspan gemaak – Conor Murray vir Ali Price op skrumskakel, Chris Harris vir Elliot Daly op buitesenter en Mako Vunipola vir Rory Sutherland op loskopstut.

Vunipola was in die eerste toets onder die uitblinkers van die plaasvervangersbank af.

Hamish Watson, wat gelukkig was om ’n geel kaart vry te spring in die eerste toets vir sy boorvat op Willie le Roux, is sy plek as plaasvervanger-losvoorspeler kwyt. Sy plek word deur die Wallieser Taulupe Faletau ingeneem. Daly skuif af na die bank, wat beteken dat daar nie vir Liam Williams plek is nie.

Chris Harris vervang vir Elliot Daly as buitesenter in die Britse en Ierse Leeus se beginspan vir Saterdag se tweede toets in die Kaapstad-stadion. Foto: Getty Images

“Dit was weer eens moeilik om die span te kies, maar ons het die veranderinge gemaak wat ons voel die regte skuiwe is vir dié naweek se wedstryd,” sê Gatland in ’n nuusverklaring.

“Dit gaan nog ’n taai stryd wees. Ons weet die Springbokke sal seer wees en Saterdag alles in die stryd werp, maar ek dink ons kan ook nog baie verbeter.

“Dis die grootste wedstryd op die toer en ons moet die gepaardgaande verwagtinge omarm. Vir spelers en afrigters is dit die soort wedstryd waarby jy betrokke wil wees.”

Britse en Ierse Leeus: Stuart Hogg, Anthony Watson, Chris Harris, Robbie Henshaw, Duhan van der Merwe, Dan Biggar, Conor Murray, Jack Conan, Tom Curry, Courtney Lawes, Alun Wyn Jones (k), Maro Itoje, Tadhg Furlong, Luke Cowan-Dickie, Mako Vunipola. PLAASVERVANGERS: Ken Owens, Rory Sutherland, Kyle Sinckler, Tadhg Beirne, Taulupe Faletau, Ali Price, Owen Farrell, Elliot Daly.

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Britse En Ierse Leeus  |  Springbokke  |  Britse Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.