Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
Al 3 Leeu-toetse nou in Moederstad
Jurie Roux, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Foto: Getty Images

Die Springbokke se tweede en derde toetse in vanjaar se reeks teen die Britse en Ierse Leeus gaan nou – soos Saterdag se eerste kragmeting – in die Kaapstad-stadion gespeel word.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het, ná raadpleging met mediese kenners oor die risiko’s wat Covid-19 se Delta-variant inhou, Dinsdag aangekondig dat al drie wedstryde in die Moederstad gespeel moet word.

Volgens die aanvanklike skedule sou die tweede en derde toetse in die FNB-stadion in Johannesburg gespeel word, maar Suid-Afrika en die Leeus se rugbybase het nou daarteen besluit.

Die reeks is tot nou toe al baie deur Covid-19 ontwrig en ’n terugkeer Gauteng toe sou net meer risiko’s skep.
Jurie Roux

“Die reeks is tot nou toe al baie deur Covid-19 ontwrig en ’n terugkeer Gauteng toe sou net meer risiko’s skep,” sê Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof.

“Tans het ons twee spanne in bioborrels sonder positiewe gevalle of enigiemand in afsondering. Almal wil sien hoe twee groepe op volle sterkte oor die volgende drie naweke in ’n onvergeetlike reeks speel. Hierdie besluit bied ons die beste kans om dit te sien gebeur.”

Die tweede en derde toetse word onderskeidelik op 31 Julie en 7 Augustus beslis.

Meer oor:  Jurie Roux  |  Kaapstad-Stadion  |  Kaapstad  |  Moederstad  |  Saru  |  Rugby  |  Britse En Ierse Leeus  |  Springbokke  |  Leeustoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.