Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
Bok-reserwes het groot impak op uitslag
Rudy Joubert

Die plaasvervangers het ’n groot impak gehad op die uitslag van die wedstryd, sê Rudy Joubert, gewese Bok-hulpafrigter.

“Lood de Jager het absoluut ’n impak gehad op ons lynstane nadat ons in die eerste helfte in daardie aspek gesukkel het. Hy het beslis daar kom help,” sê Joubert.

“En dan het (Vincent) Koch en (Trevor) Nyakane die momentum by die skrums kom voortsit en eintlik verbeter.”

Joubert sê alhoewel die Springbokke se verdediging in die eerste helfte uitstekend was, het hul dissipline hulle in die steek gelaat. Dit het die Britse en Ierse Leeus op die telbord gehelp.

“En ons was onder druk met die vroeë besering van Pieter-Steph du Toit, maar dan moet jy jou hoed afhaal vir iemand soos Jasper Wiese wat vanaand onder groot druk moes wees, maar uitstekend vertoon het.

“Kwagga Smith is nog iemand wat beslis ’n punt gehad het om te bewys, en dit absoluut kom doen het.”

Joubert sê die Leeus kon uiteindelik nie met die Bokke se fisieke spel saamleef nie.

Hy was ook vol lof vir die Kiwi-skeidsregter, Ben O’Keeffe, “wat onder erge druk moes wees”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.