Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
Bokke doen ‘selfondersoek’ voor Leeus-toer

Slegs drie van die 14 Springbok-afrigters sedert hertoetrede tot internasionale rugby in 1992 het hul eerste seisoen onoorwonne afgesluit – wyle Kitch Christie, Nick Mallett en Jacques Nienaber.

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - MAY 05: Springboks coach
Jacques Nienaber, Springbok-afrigter, sien daarna uit om uiteindelik sy era in te lui. Foto: Gallo Images

In Christie en Mallett se geval was dit die begin van die spanne wat onderskeidelik in 1995 die Wêreldbeker-toernooi gewen het en in 1998 ’n rekord van opeenvolgende toetsseges behaal het.

Nienaber moet die Covid-19-pandemie “bedank” dat sy naam saam met dié gevierde afrigters s’n genoem word.

Toe dié 48-jarige oud-Bloemfonteiner in Januarie verlede jaar as Rassie Erasmus se opvolger aangewys is, het daar ’n uitdagende rugbyjaar op hom en sy span gewag.

Die 2020-seisoen het uiteindelik gekom en gegaan sonder dat die Bokke, vir die eerste keer sedert 1991, nie ’n enkele toets gespeel het nie.

Sowat 18 maande later is die uitdaging om twee keer teen Georgië op te warm voordat die Britse en Ierse Leeus in ’n reeks van drie toetse gepak word. Daarna wag ’n rits toetse in die Rugbykampioenskap teen Argentinië, Australië en Nieu-Seeland.

“Ek kan nie wag nie. Dit is hoekom ons dit doen (afrig),” het Nienaber Vrydag oor dié vooruitsig gesê.

Daar word druk bespiegel of hy hoegenaamd van Erasmus se goue resep sal afwyk.

“Jy moet aanpasbaar wees. As jy kyk na ons kwarteindstryd in die Wêreldbeker-toernooi teen Japan, ons moes ’n manier vind om hul spelpatroon te ontwrig en ons s’n op hulle af te dwing.

“In die volgende wedstryd teen Wallis (in die halfeindronde) het ons ’n heel teenoorgestelde benadering gehad en teen Engeland het ons ander aanpassings gemaak.

“Dit hang baie af van die teenstanders.”

Dit is dit ongelooflik om weer op die oefenveld te wees en my keel was saans seer gewees op die belyningskampe, omdat ek nie meer daaraan gewoond was om so baie te praat nie.
Jacques Nienaber

Nienaber sê daar is selfondersoek gedoen op die onlangse belyningskampe.

“Ons het gekyk na kritieke kwessies wat aangepak moet word om welslae te behaal en die spelers te herinner aan ons spankeuse-beleid en wat van hulle verwag word om die span te haal.

“Met ons laaste een was ons baie meer strategies en het ons aan die spelers terugvoer gegee oor hulle vordering.

“Dit is dit ongelooflik om weer op die oefenveld te wees en my keel was saans seer gewees op die belyningskampe, omdat ek nie meer daaraan gewoond was om so baie te praat nie.”

Daar is doemprofete wat wys op die ooreenstemming van die Nienaber-era en Carel du Plessis se lot in 1997, toe die Leeus die Bokke met 2-1 geklop het in die spanne se toetsreeks.

Du Plessis het aan die begin van daardie jaar by André Markgraaff oorgevat en het net een toets – teen Tonga – gehad ter voorbereiding vir die aanslag teen Martin Johnson se Leeus.

Ná dié reeksnederlaag was die Suid-Afrikaanse rugbybase se geduld min en Du Plessis het voor die jaareindtoer in 1997, ná net drie oorwinnings uit agt toetse, die trekpas gekry. Hy is toe deur Nick Mallett vervang.

Meer oor:  Jacques Nienaber  |  Springbokke  |  Rassie Erasmus  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.