Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
Dié Bokke moet reeks teen Leeus red

Twee nuwe stutte en ’n verandering op agtsteman moet die Springbokke Saterdag in die Kaapstad-stadion help om die bordjies teen die Britse en Ierse Leeus se rugbyspan te verhang.

Jacques Nienaber, afrigter van die Springbokke, het Steven Kitshoff (loskopstut) en Frans Malherbe (vaskopstut) dié week tot die beginspan bevorder nadat hulle verlede week, in die eerste toets, op die plaasvervangersbank was.

Die loskopstut Steven Kitshoff sal Saterdag in sy 50ste toets die Springbokke se nr. 1-trui dra. Foto: Gallo Images

Nienaber het ook besluit om die meer fisieke Jasper Wiese die nr. 8-trui te gee. Hy vervang Kwagga Smith, wat afskuif na die plaasvervangersbank.

Ox Nche, wat verlede week op loskopstut ’n goeie eerste helfte teen die Leeus beleef het, kon weens ’n nekbesering nie oorweeg word nie.

Trevor Nyakane, wat in die eerste toets op vaskopstut begin het, skuif af na die plaasvervangersbank.

Vincent Koch (vaskopstut), wat nie in die 23-tal vir die eerste toets was nie, sal nou die plaasvervanger-vaskop wees.

Nienaber het ook besluit om die baljagter-flank Marco van Staden op sy bank te kies, ten koste van Rynhardt Elstadt.

Daar sal nou altesaam ses voorspelers op die bank wees (soos die geval met die Wêreldbeker-toernooi in 2019 was), met Herschel Jantjies en Damian Willemse as die enigste plaasvervanger-agterspelers.

Die Springbok-span is: Willie le Roux, Cheslin Kolbe, Lukhanyo Am, Damian de Allende, Makazole Mapimpi, Handré Pollard, Faf de Klerk, Jasper Wiese, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi (k), Franco Mostert, Eben Etzebeth, Frans Malherbe, Bongi Mbonambi, Steven Kitshoff. PLAASVERVANGERS: Malcolm Marx, Trevor Nyakane, Vincent Koch, Lood de Jager, Marco van Staden, Kwagga Smith, Herschel Jantjies, Damian Willemse. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.