Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
Bokke sonder Duane, Pieter-Steph, Faf

Die agtsteman Duane Vermeulen het nie genoegsaam van ’n enkelbesering herstel om ’n terugkeer tot die Springbok-span te maak vir die beslissende derde toets teen die Britse en Ierse Leeus nie.

Duane Vermeulen hou Maandag by ’n Bok-oefening sy oog op die bal. Hy het nie genoegsaam van ’n enkelbesering herstel om vir Saterdag se groot toets oorweeg te word nie. Foto: Gallo Images

Dié talisman het hom Sondag by die Bokke aangesluit en het Maandag saam met die span geoefen. Dit het die hoop laat opvlam dat hy die Bokke sou kon help in hul poging om die reeks teen die Leeus in Kaapstad te beklink.

Sy insluiting sou veral ’n groot hupstoot vir die Bokke gewees het gegewe dat hul ysterflank Pieter-Steph du Toit weens ’n skouerbesering nie oorweeg kon word nie. Nog ’n sleutelspeler, Faf de Klerk (skrumskakel), is ook op die krukkelys.

De Klerk het ’n heupbesering opgedoen in die tweede toets, wat die Bokke met 27-9 gewen het. Hy word deur Cobus Reinach in die beginspan vervang.

Franco Mostert gaan in die beslissende derde toets teen die Britse en Ierse Leeus die rol van steelkantflank vertolk. Foto: Gallo Images

Die Bokke het besluit om die slot Franco Mostert in Du Toit se plek op steelkantflank te kies. Lood de Jager sal in Mostert se plek op slot sak.

Mostert het in die tweede helfte van die tweede toets flank gespeel en dit ook al vir die Leeus in Superrugby gedoen. Met hom in die lostrio, gee dit die Bokke ’n bykomende lynstaan-opsie.

Die Bokke het twee losvoorspelers, Kwagga Smith en Marco van Staden, op die plaasvervangerbank gekies. Hulle sal die tempo help versnel wanneer hulle in die loop van die tweede helfte op die veld gestuur word.

Die Bok-held van die 2009-reeks, Morné Steyn, is as ’n plaasvervanger gekies. Dít sal verseker dat die Bokke ’n dodelike stelskopper beskikbaar het sou Handré Pollard die veld moet verlaat.

• Damian de Allende sal Saterdag ’n mylpaal bereik wanneer hy in sy 50ste toets speel.

Springbokke: Willie le Roux, Cheslin Kolbe, Lukhanyo Am, Damian de Allende, Makazole Mapimpi, Handré Pollard, Cobus Reinach, Jasper Wiese, Franco Mostert, Siya Kolisi (k), Lood de Jager, Eben Etzebeth, Frans Malherbe, Bongi Mbonambi, Steven Kitshoff. PLAASVERVANGERS: Malcolm Marx, Trevor Nyakane, Vincent Koch, Kwagga Smith, Marco van Staden, Herschel Jantjies, Morné Steyn, Damian Willemse.

Meer oor:  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.