Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
Duane praat met Bokke oor sy herstel

Gaan Duane Vermeulen reg wees om die Britse en Ierse Leeus in die derde toets aan te vat?

Vermeulen het die naweek met die Bokke se bestuurspan vergader om uitsluitsel te gee oor hoe sy herstel vorder en oor sy vlak van vertroue om na die veld terug te keer.

Duane Vermeulen

Boonop voldoen hy aan die Covid-maatreëls wat die Bokke en die Britse en Ierse Leeus geld omdat hy by die Bulle aan dieselfde maatreëls onderwerp word.

Die 35-jarige Vermeulen het weens ’n enkelbesering nie teen Georgië of in enige wedstryd teen die Britse en Ierse Leeus gespeel nie.

Teen die Britse Leeus is beklemtoon hoe ’n yslike leemte die afwesigheid van sy leierskap, fisieke spel en lugspel in die Bok-span laat.

Indien Vermeulen nie Saterdag sy terugkeer in die Boktrui maak nie, sal baie Suid-Afrikaanse ondersteuners hoop dat hy in die twee toetse teen die Poemas kan speel.

Dit lyk ten minste of Ox Nche gereed sal wees vir die derde toets teen die Leeus ná sy nekbesering, maar die Springbokke sal vir langer sonder RG Snyman moet klaarkom.

Snyman kan selfs die twee Rugbykampioenskaptoetse teen die Argentyne misloop.

RG Snyman

Die 26-jarige Snyman se afwesigheid is net so ’n gevoelige slag vir die Suid-Afrikaners, meer in besonder hul “Bomb Squad”.

Hy is tans by sy Ierse klub Munster waar hy ’n rehabilitasieprogram volg nadat hy ’n veloorplanting vir brandwonde ondergaan het.

Daar bestaan hoop dat hy hom by sy Bok-spanmaats sal aansluit voordat hulle na Australasië vertrek vir hul vier toetse teen die Wallabies en die All Blacks. Dit is tans onwaarskynlik dat hy vir 14 en 21 Augustus se Rugbykampioenskaptoetse teen die Poemas in Gqeberha oorweeg sal word.

Die Bokke hou intussen dop hoe Jean-Luc du Preez van sy besering herstel wat hy in die Suid-Afrikaanse A-span se kragmeting met die Bulle in die Kaap opgedoen het.

Die 25-jarige Du Preez het ’n graad 2-skeur aan sy middelkollaterale ligament opgedoen wat hom vier tot ses weke sal uithou.

Die 26-jarige Nche het gister se tweede toets teen die Leeus in die Kaap weens ’n nekbesering misgeloop wat hy in die eerste toets opgedoen het. Die Bokke behoort volgende week duidelikheid te verkry oor of hul Rugbykampioenskaptoetse teen die All Blacks wel nog op 25 September in Dunedin en 2 Oktober in Auckland plaasvind.

Die toetse kan na Australië of ’n ander land verskuif word weens die Kiwi’s se strenger Covid-maatreëls.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.