Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
Gatland glo Kolbe gelukkig met geel kaart

Warren Gatland sal “beslis nie die week op sosiale media kla oor goed wat in die toets gebeur het nie”.

Spelers van die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus het aanmekaar begin ruk en plak nadat Cheslin Kolbe en Conor Murray in die lug gebots het. Foto: Getty Images

Die Britse en Ierse Leeus se afrigter is Saterdagaand ná sy span se nederlaag van 9-27 teen die Springbokke in die tweede toets in Kaapstad uitgevra oor Rassie Erasmus, Suid-Afrika se direkteur van rugby, se video waarin hy blaserblapse in die eerste toets uitwys.

“Ek het gedink dis baie interessant en genoeg is daaroor in die media gesê die week. Ek wil nie daaroor kommentaar lewer nie, ek sal dit aan ander mense oorlaat om te hanteer,” sê Gatland.

“Die laaste ding wat die spel nodig het, is ’n woordoorlog. Ek vind dit wel snaaks, ek is van sekere goed beskuldig en die narratief het die week verander. Ek het geen kommentaar gelewer oor die integriteit van die televisieskeidsregter nie, maar ek is daarvan beskuldig.”

Ons sal met die skeidsregter praat, maar ek gaan nie daaroor kommentaar lewer nie.
Warren Gatland

Die Springbok-hulpafrigter Mzwandile Stick het Vrydag gesê Gatland het die integriteit van die reeks geskaad met sy kritiek op Marius Jonker se aanstelling as TV-skeidsregter.

“Ons sal dinge vir onsself hou die week en deur die amptelike kanale werk. Ons sal met die skeidsregter praat en hom terugvoering gee.”

Gatland sê wel hy hoop sulke video’s word nie ’n tendens nie “omdat daar stelsels in plek is”.

“Hopelik bekyk Wêreldrugby dit en verseker almal volg die protokol. Ek hoop ons kom nie by ’n situasie waar almal op Twitter spring en nie die amptelike kanale volg nie. Dit was vir my baie snaaks en dis nie iets waarby ek betrokke wil wees nie.”

Cheslin Kolbe word Saterdag deur die skeidsregter, Ben O'Keeffe, met ’n geel kaart van die veld gestuur. Foto: Getty Images

Gatland glo Cheslin Kolbe was Saterdagaand gelukkig om ’n geel en nie ’n rooi kaart te kry toe hy Conor Murray in die lug gespeel het nie.

“Ons sal met die skeidsregter praat, maar ek gaan nie daaroor kommentaar lewer nie. Van waar ek gesit het, het dit nie goed gelyk nie, maar hy het besluit dis net ’n geel kaart.”

Die Leeus was meer bekommerd oor hoe lank die spel deur die Bokke vertraag is.

“Die skeidsregter het die heeltyd met hulle gepraat om spel vinniger te maak en dit is iets wat ons volgende week beslis sal ophaal. Ons wil meer tempo in die spel hê en elke keer wat die spel stop, moet dit nie ’n besering wees nie.”

Gatland sê terwyl hy gelukkig was met die Leeus se eerstehelftevertoning, het hulle “niks gekry” in die tweede helfte nie.

“Ons het geen momentum en geen geleenthede geskep nie. Ons het sagte strafskoppe afgestaan en hulle het goed geskrum en gedryf. Die spelers is teleurgesteld, maar dit maak volgende Saterdag ’n eindstryd,” sê hy.

“Dis een elk en ons sal aan ons spel moet werk. Die Bokke het baie emosie in die wedstryd gesit, so ek glo ons sal volgende naweek ’n kans hê om die reeks te beklink.”

Meer oor:  Kaapstad  |  Britse Leeus  |  Cheslin Kolbe  |  Warren Gatland  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.