Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
G’n Springbok-krisis, sê Jake White

Daar is geen krisis in die Springbok-kamp nie. Wat gister in die Kaap gebeur het, is van geen waarde nie.

So glo die Bulle-breier, Jake White, nadat sy span ’n skok-oorwinning van 17-14 oor die Suid-Afrikaanse A-span behaal het.

Jake White, hoofafrigter van die Bulle. Foto: Gallo Images

Jacques Nienaber, Bok-hoofafrigter, is uiteraard teleurgesteld, maar meen hulle het nou antwoorde gekry op vrae oor individuele spelers wat hulle nie voor die tyd gehad het nie.

White het gewaarsku dat daar nie meer van die uitslag gemaak moet word nie as wat dit is. Dit was ’n vriendskaplike wedstryd waar die uitslag niks tel nie.

“Uit ’n Bok-oogpunt – ek weet julle sal wil hê ek moet sê daar is ’n krisis, maar dit is nie so nie. Die Bokke het die wedstryd nodig gehad. Volgende week sal anders wees. Volgende week begin weer op nul,” het White gesê

White het gesê met die min speelkans wat die Bok-groep onlangs gekry het, kan hy verstaan dat hulle gesukkel het.

“Ons kombinasies het duidelik meer tyd saam gehad. Teen die einde van die wedstryd was ons kalm omdat ons al saamgespeel het, terwyl die A-span teen die einde ’n nuwe groep spelers op die veld gehad het.

“ ’n Mens moet dit in konteks sien en nie oorboord gaan oor die uitslag nie. Net soos die Leeus wat teen die SA A-span vroeër in die week verloor het.

“Morné Steyn het nou net sy kop by die kleedkamer ingesteek en kom dankie gesê.

“Hy’t gesê dit is presies wat die Bok-groep nodig gehad het. Hulle wou fisiek aangevat en getoets word.”

White het veral Johan Goosen se spelpeil uitgelig.

“Hy is ’n ongelooflike rugbyspeler. Ek is baie bang hy gaan ons verlaat en vir die Bokke opgeroep word, maar dis wat my werk is – om Bokke deur te bring.

“Jy’t vandag gesien . . . dit was die eerste keer wat hy saam met dié groep spelers speel, sy eerste keer saam met die skrumskakel.

Johan Goosen in aksie vir die Springbokke in 2016 teen Engeland in Londen. Foto: Getty Images
Hy is ’n ongelooflike rugbyspeler. Ek is baie bang hy gaan ons verlaat en vir die Bokke opgeroep word, maar dis wat my werk is – om Bokke deur te bring.

“Hy het een of twee foute begaan, wat normaal is. Maar hy breek die lyn, hy is vinnig en verdedig goed. Ek was bang ek gaan ’n vloek oor hom uitspreek – ek het juis vir die spelers gewaarsku dit is nie proewe vir hulle nie.

“Ek glo altyd as jy ’n goeie 10 het, kan jy ver gaan. Dit het ons toegelaat om anders te speel – dit was nie die gewone Bulle-rolmaal nie. Dit was iets anders.”

Nienaber het erken die nederlaag was nie waarop hul gehoop het nie.

“Ons het so ’n wedstryd nodig gehad om antwoorde te kry, wat ek glo ons gekry het.

“Ek wil nie nou emosionele uitlatings oor individue maak nie. As ’n span was dit nie ’n goeie vertoning nie.

“Die Bulle was desperaat en goed. Die vingers moet nou na my gewys word wat ’n aantal dinge ter aanloop van die kragmeting verkeerd gedoen het.”

Nienaber sien nie baie positiewes in die wedstryd nie.

“Ons sal moet kyk waarom ons vaste fasette ons nie genoeg aanvalsgeleenthede gebied het nie,” sê Nienaber.

Meer oor:  Jake White  |  Britse En Ierse Leeus  |  Springbokke  |  Blou Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.