Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
Jake sien al hoe Duane wendrie teen Leeus druk
Duane Vermeulen, Springbok-agtsteman en kaptein van die Bulle, Vrydagaand op die aanval teen die Stormers. Foto: Gallo Images

Dink net hoe ongelooflik dit sal wees as Duane Vermeulen in die beslissende derde toets teen die Britse en Ierse Leeus die wendrie kan druk?

Jake White, hoofafrigter van die Bulle, het Donderdag dié optimistiese hoofstuk in die loopbaan van Vermeulen geskets toe hy oor die Springbok-agtsteman se enkeloperasie uitgevra is.

Vermeulen (34) was Woensdag onder die mes nadat hy verlede Vrydagaand op Loftus Versfeld sy enkel teen die Stormers beseer het.

Die aanduiding is dat hy sowat agt weke ’n toeskouer sal wees, wat beteken dat hy op die vroegste op 7 Augustus in die derde toets teen die Leeus sal kan speel.

White sê hy dink nie dit is die einde van die Bulle-kaptein se droom om teen die Leeus te speel nie.

“Nee, ek dink nie alles is verlore vir hom nie. Ek praat met ons kondisioneringsafrigters en mediese ouens en daar is baie spelers wat daardie operasie ondergaan en sewe weke later weer speel.

“Die eerste toets is op 24 Julie en hy sal miskien nie dan al 100% wees nie.

“Dalk kan hy in die tweede en derde toets speel, so daar is beslis nog hoop vir Duane.

“As hy minstens een toets kan speel, sal dit wonderlik wees. En wie weet, dalk is dit die laaste toets wat ons moet wen om die reeks te beklink.

Dink net, die reeks is gelykop op 1-1 en Duane druk die wendrie? Dit sal nog ’n hoogtepunt wees soos in die Wêreldbeker-eindstryd, toe hy as die Speler van die Wedstryd aangewys is.
Jake White

“Dink net, die reeks is gelykop op 1-1 en Duane druk die wendrie?

“Dit sal nog ’n hoogtepunt wees soos in die Wêreldbeker-eindstryd, toe hy as die Speler van die Wedstryd aangewys is.”

White sê hy het met Vermeulen, wat Woensdag in Kaapstad geopereer is, gepraat en die speler klink baie positief.

“Duane is sielkundig baie taai en sulke spelers herstel gewoonlik baie vinniger as ander.

Die legendariese All Black-losskakel Dan Carter sê dit was altyd ’n groot uitdaging om teen die Bok-yster Schalk Burger te staan te kom. Foto: Getty Images

“Ek kan onthou dit was destyds dieselfde met Schalk Burger. Spelers soos dié neem baie minder tyd om weer na die veld terug te keer.”

Mediese kenners het vroeër vanjaar toe die gholfster Tiger Woods in Amerika in ’n ernstige motorongeluk was, gesê die feit dat hy sielkundig baie sterk is, tel in sy guns op sy herstelpad.

Daar is selfs voorspel dat hy straks in April volgende jaar in die Amerikaanse Meesterstoernooi kan speel, ongeag die ernstige beenbesering wat hy opgedoen het.

Nietemin kan Vermeulen se besering dalk beteken dat hy Vrydagaand sy laaste wedstryd in die Bulle se Ligblou-trui gespeel het.

Meer oor:  Duane Vermeulen  |  Jake White  |  Durban  |  Pretoria  |  Rugby  |  Besering  |  Reenboogbeker-Reeks  |  Haaie  |  Leeus  |  Springbokke  |  Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.