Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
Japanse XV het SA geur vir oefenstryd
Wimpie van der Walt, hier saam met Japan se afrigter, Jamie Joseph, sal Saterdag vir ’n Japanse vyftiental slot speel teen die Sunwolves. Foto: Getty Images

Twee Suid-Afrikaners is in die beginspan van ’n Japanse vyftiental ingesluit, wat Saterdag in Fukuroi teen die Sunwolves speel.

Wimpie van der Walt sal vir die span slot speel terwyl Gerhard van der Heever op linkervleuel diens gaan doen.

Nog twee Suid-Afrikaners, die losvoorspeler Lappies Labuschagne en die senter Shane Gates, is as plaasvervangers gekies.

Die span sal deur Japan se gereelde kaptein, Michael Leitsch, aangevoer word.

Nege spelers van die Brave Blossoms se oefengroep sal vir die Sunwolves diens doen.

Die wedstryd dien as voorbereiding vir Japan se wedstryd op 26 Junie teen die Britse en Ierse Leeus in Edinburg, Skotland. – Sportredaksie

Meer oor:  Wimpie Van Der Walt  |  Suid-Afrika  |  Japan  |  Rugby  |  Sunwolves  |  Leeus  |  Brave Blossoms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.