Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
Kolbe ‘gelukkig’; Skot 'byt nie Willie'
Cheslin Kolbe, vleuel van die Springbokke, maak kontak met die Leeus se skrumskakel, Conor Murray, terwyl hy ’n lugskop bemeester. Foto: Gallo Images

Die uitwysbeampte in die afgelope Saterdag se tweede toets tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus het straks ’n lywige taak op hande.

Daar is spelers in albei spanne wat in die moeilikheid kan wees vir verskeie voorvalle.

Cheslin Kolbe, die Springbok-regtervleuel, kon homself gelukkig ag dat sy deelname aan die toets nie in die eerste helfte met ’n rooi kaart beëindig is nie.

Hy het met die Leeus se skrumskakel, Conor Murray, kontak gemaak toe hy in die lug was.

Die Bok-afrigter, Jacques Nienaber, het agterna gesê hy glo die regte besluit is gemaak.

“Daar is ’n duidelike proses wat gevolg word wanneer daar gekyk word na moontlike vuilspel. Dit is tot op die letter gevolg,” het Nienaber gesê.

Sy eweknie by die Leeus, Warren Gatland, deel nie dié mening nie en sê “dit het nie goed gelyk nie”.

Ook die oud-blaser Nigel Owens het in ’n ontleding op Sky Sports gesê Kolbe kan homself gelukkig ag dat hy nie ’n rooi kaart gekry het nie.

“As ek die skeidsregter was, sou ek eerder rooi oorweeg het.”

Owens meen ook Duhan van der Merwe, vleuel van die Leeus, was gelukkig dat hy nie gestraf is vir die duikslag wat vroeg in die toets tot Pieter-Steph du Toit se skouerbesering gelei het nie.

Hy is baie gelukkig dat die beamptes nie verder daarna gekyk het nie. Dit was onnodig en gevaarlik.
Nigel Owens

“Hy is baie gelukkig dat die beamptes nie verder daarna gekyk het nie. Dit was onnodig en gevaarlik,” was Owens se reaksie.

Daar moet ook besluit word of die Leeus-slot Maro Itoje gestraf gaan word nadat hy in ’n stadium met sy knie op die Springbok-senter Damian de Allende se keel gedruk het.

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - JULY 31: Stuart Hogg (L
Willie le Roux konfronteer Stuart Hogg (heel links) na hy beweer dié Leeu het hom gebyt.

Dan is daar die skermgreep waarmee daar op sosiale media aangevoer word dat Stuart Hogg, die Skotse heelagter van die Leeus, Willie le Roux aan die arm gebyt het.

Hogg het dit Sondag in ’n verklaring van die Leeus ten sterkste ontken.

“Ek wil dit, ná aanleiding van aantygings wat gemaak word, kategories ontken dat ek vuil gespeel het.

“Ek sal nooit ’n teenstander byt nie en dié ongegronde aantyging ontstel my, want ek was nog altyd trots daarop om rugby in die gees van die spel te speel,” lui die verklaring.

Wêreldrugby het Sondag gesê hy kan nie kommentaar lewer op ’n proses (spelers wat uitgewys word) wat nog nie voltooi is nie.

Die skeidsregter, Ben O’Keeffe, het nietemin uit albei kampe lof gekry vir die wyse waarop hy die toets hanteer het, maar die aantal kere wat hy die TV-skeidsregter, Marius Jonker, se hulp gevra het, is nietemin ’n besprekingspunt.

Dit het meegebring dat die eerste helfte langer as ’n uur geduur het voordat daar koers gekies is kleedkamers toe vir rustyd.

Will Carling, oud-kaptein van Engeland en ’n lid van die Leeus se 1993-toer na Nieu-Seeland, het op Twitter gesê dit is “pynlik vervelig” dat elke besluit na die TV-skeidsregter verwys word.

Will Carling, oud-kaptein van Engeland en ’n lid van die Leeus se 1993-toer na Nieu-Seeland, het op Twitter gesê dit is “pynlik vervelig” dat elke besluit na die TV-skeidsregter verwys word.

Wêreldrugby het ook nog nie op ’n navraag reageer of daar teen Rassie Erasmus, Suid-Afrika se direkteur van rugby, optree gaan word ná sy veelbesproke video verlede week nie.

Erasmus het die rugbywêreld aan die gons gehad toe hy ’n uur lange video gemaak het oor die foute wat die wedstrydbeamptes in die eerste toets begaan het.

Gatland het Saterdagaand gesê hy hoop daar word teen Erasmus opgetree, anders gaan ’n gevaarlike presedent geskep word.

Die Britse media het Erasmus se video veroordeel, maar verskeie rugbyskrywers het ná die tweede toets toegegee dat sy plan gewerk het, gegewe dat die meeste van die belangrike besluite in die tweede toets in die Bokke se guns was.

Daar is verwys na Kolbe wat net ’n geel kaart gewys is en ook die drie wat nie aan Robbie Henshaw toegeken is nie.

 Twiet van Maro Itoje se knie op Damian de Allende se keel:

Twiet van Stuart Hogg se mond teen Willie le Roux se arm: 

Meer oor:  Nigel Owens  |  Stuart Hogg  |  Cheslin Kolbe  |  Willie Le Roux  |  Suid-Afrika  |  Byt  |  Springbokke  |  Toets  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.