Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
Kolisi sê hy is nie met respek behandel

“Nee, ek het nie gevoel ek word met respek behandel nie.”

Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, het dié opvatting bevestig ’n dag nadat Rassie Erasmus in ’n omstrede video aangevoer het die Aussie-skeidsregter Nic Berry het Alun Wyn Jones, kaptein van die Britse en Ierse Leeus, in die eerste toets met meer respek behandel as vir Kolisi.

Siya Kolisi, kaptein van die Springbokke, vandeesweek in ’n ligte luim in die Kaapstad-stadion. Foto: Gallo Images

“Ek het nie gevoel daar is dieselfde respek vir my en dat ek ’n billike kans gegee word nie.”

’n Britse joernalis het Kolisi gevra of hy voorbeelde kan gee van Jones wat voorkeur-behandeling gekry het.

“Het jy die video gesien?” wou Kolisi by hom weet.

Die joernalis het te kenne gegee hy het nie “die volle 63 minute” gesien nie.

“Gaan kyk dit en dan praat ons weer. Om eerlik te wees, ek wil nie daarby betrokke raak nie.

“Ek het wel nie gevoel ek kry dieselfde toegang nie (tot die skeidsregter) en jy sal dit kan sien as jy weer na die wedstryd gaan kyk.

“Môre is ’n nuwe wedstryd, ’n nuwe skeidsregter en ek is daarvan oortuig Ben (O’Keeffe) sal albei kapteins dieselfde behandel. Dit is al wat ek vra,” het Kolisi gesê.

Mzwandile Stick, hulpafrigter van die Springbokke, het dié versoek beaam en gesê hulle vra nie gunste nie.

“Ons vra net regverdigheid en billikheid. Niemand wil hê die reeks moet gaan oor skeidsregters, beslissings en dit wat afrigters sê nie.”

Het jy die video gesien?
Siya Kolisi

Stick het vinnig teen Warren Gatland, afrigter van die Leeus, uitgevaar.

“Hy het die integriteit van Wêreldrugby uitgedaag toe Marius Jonker voor die eerste toets as TV-skeidsregter aangewys is.

“Ons almal weet ons leef in moeilike tye en dat hy (Jonker) betrek is weens Covid-reisbeperkings.

“Dit is in die openbaar deur ’n afrigter (Gatland) bevraagteken, maar ek het nog nie gesien of gehoor dat hy om verskoning gevra nie.

“Die ou (Gatland) wat aanvanklik die integriteit van die spel bevraagteken het, het die waardigheid van die reeks skade berokken. Dit is waar dit begin het.”

Stick sê Erasmus wou sy saak in sy persoonlike hoedanigheid stel en “dit het niks met die span te doen nie”.

“Ons het daarop gefokus om goed voor te berei en ons het eintlik ’n uitstekende week op die oefenveld gehad.

“Hopelik kan ons dit Saterdag opvolg met ’n goeie vertoning en gelyk trek in die reeks.”

LEES OOK: Rassie kry steun oor veelbesproke video 

Meer oor:  Springbokke  |  Siya Kolisi  |  Britse Leeus  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.