Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
Leeus-afrigter lê snoeiskêr in vir 3de toets

Warren Gatland, afrigter van die Britse en Ierse Leeus, het die snoeiskêr ingelê deur ses veranderings aan sy beginspan aan te bring vir Saterdag se derde en beslissende toets teen die Springbokke in die Kaapstad-stadion.

Warren Gatland, afrigter van die Britse en Ierse Leeus. Foto: Getty Images

Die veranderinge is:

• Liam Williams vervang Stuart Hogg op heelagter;

• Josh Adams neem Anthony Watson se plek op regtervleuel;

• Bundee Aki vervang Chris Harris op senter;

• Ali Price ruil plekke met Conor Murray op skrumskakel;

Josh Adams, die Wallieser wat die voorste driedrukker in die 2019-Wêreldbeker-toernooi was, is as die Britse en Ierse Leeus se regtervleuel gekies vir Saterdag se derde toets teen die Springbokke in die Kaapstad-stadion. Foto: Getty Images

• Ken Owens vervang Luke Cowan-Dickie op haker; en

• Wyn Jones dra die nr. 1-trui in Mako Vunipola se plek.

Gatland sê in ’n verklaring dat sy 23-tal ’n “spesiale geleentheid” het om ’n reeks in Suid-Afrika te beklink.

“Dit raak nie veel groter as dít nie en ons is opgewonde oor die uitdaging wat voor ons lê,” sê hy.

“Ons het geen verskonings oor verlede week se vertoning nie. Die Springbokke het ons in die tweede helfte onder druk geplaas en verdien om te wen. Ons gaan dié keer in die tweede helfte baie beter moet wees, en ek glo dit sal gebeur.”

Britse en Ierse Leeus: Liam Williams, Josh Adams, Robbie Henshaw, Bundee Aki, Duhan van der Merwe, Dan Biggar, Ali Price, Jack Conan, Tom Curry, Courtney Lawes, Alun Wyn Jones, Maro Itoje, Tadhg Furlong, Ken Owens, Wyn Jones. PLAASVERVANGERS: Luke Cowan-Dickie, Mako Vunipola, *Kyle Sinckler, Adam Beard, Sam Simmonds, Conor Murray, Finn Russell, Elliot Daly.

• Sinckler sal Saterdag sy plek op die plaasvervangerbank kan inneem nadat 'n tugkomitee bevind het dat hy nie skuldig was aan 'n bytvoorval in die tweede toets nie.

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Britse En Ierse Leeus  |  Springbokke  |  Britse Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.