Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
Leeus: Dis radio as jy nie DStv het

Die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners sal op hul radio’s moet inskakel vir regstreekse dekking van die Britse en Ierse Leeus se toer in Suid-Afrika.

Dít nadat die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) nie ’n ooreenkoms met SuperSport kon sluit vir die beeldsending van die wedstryde nie. Die SAUK lê die skuld voor SuperSport se deur en beskuldig hom van teenmededingende gedrag. MultiChoice, waarvan SuperSport ’n filiaal is, verwerp die aantyging.

Die kruks van die probleem blyk te wees dat die SAUK hom regte wil toeëien wat baie verder strek as net die regstreekse beeldsending van wedstryde op televisiekanale.

In ’n verklaring sê die SAUK dat SuperSport hom wou beperk om die wedstryd uitsluitlik op die kanale SABC1, 2 en 3 uit te saai “maar slegs deur die gratis TV-platforms”.

“Die SAUK meen die lewensvatbaarheid van die SAUK se nuwe sportkanaal is afhanklik van gelyktydige beeldsending oor verskeie platforms,” lui die verklaring.

Onder die platforms wat die SAUK ingesluit wou hê, is OpenView – ’n gratis satelliettelevisiediens. In daardie geval sou SuperSport sy regte aan ’n regstreekse mededinger gee.

Die SAUK wou ook regte hê vir sogenaamde “over the top”-dienste, wat sou beteken dat hy wedstryde kon stroom.

MultiChoice sê in ’n nuusverklaring dat die SAUK deur sy optrede bepalings verwerp wat hy self aanvaar het toe hy met SuperSport onderhandel het vir die uitsaai van ander sportsoorte.

“MultiChoice glo nie dat ’n aanbod teenmededingend is wat die SAUK verbied om die inhoud aan derde partye, met wie die SAUK kommersiële ooreenkomste het, te gee nie. Dit sal die waarde van MultiChoice se belegging in die verkryging van die regte ondermyn.” 

Meer oor:  Supersport  |  Sauk  |  Leeus-Toer  |  Britse Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.