Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
Masotti sê New York-prokureurs sal Rassie help

Marco V. Masotti, die Amerikaanse belegger by die Haaie, sê hy het ’n span New York-prokureurs om vir Rassie Erasmus en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) by te staan in die tugverhoor wat Wêreldrugby op hulle wil afdwing.

Marco V. Masotti, die Amerikaanse belegger by die Haaie, sê hy het ’n span New York-prokureurs wat regstaan om vir Rassie Erasmus en Saru te ondersteun indien Wêreldrugby ’n tugverhoor op hulle afdwing. Foto: Verskaf

Erasmus, Saru se direkteur van rugby, is in die sop nadat hy verlede week ’n video van meer as ’n uur lank gemaak het waarin hy die Australiese skeidsregter Nic Berry se flaters in die eerste toets tussen die Springbokke en Britse en Ierse Leeus uitwys. Wêreldrugby het Maandagaand aangekondig dat Erasmus en Saru “onafhanklik” verhoor sal word.

Dit is egter ’n stryd wat die Suid-Afrikaners nie alleen sal voer nie.

“Ek het ’n span New York-prokureurs gereed om vir Rassie en SA Rugby by te staan. Kom ons verhoor Wêreldrugby,” het Masotti Woensdag getwiet.

Masotti is ’n vennoot in die Amerikaanse regsfirma Paul/Weiss. Die firma se dienste sluit litigasie in sport in.

Masotti is ’n oud-Suid-Afrikaner met ’n passie vir Suid-Afrikaanse rugby.

’n Konsortium wat deur hom gelei word, wou aanvanklik ’n beherende aandeel in die Westelike Provinsie se sakevleuel bekom, maar dié partye kon nooit tot ’n vergelyk kom nie.

Dié konsortium, MVM Holdings, het daarna sy visier op die Haaie gerig en ’n 51%-belang in dié KwaZulu-Natalse unie bekom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.