Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
'Ongelooflike reaksie deur Bokke'

Pierre Spies, wat deel was van die Springbok-span wat die vorige Leeus-reeks in 2009 gewen het, was beïndruk met die wyse waarop die Bokke teruggeslaan het ná die teleurstellende nederlaag verlede naweek.

Pierre Spies

“Dit was ’n ongelooflike reaksie deur die Springbokke,” sê die gewese agtsteman.

“In die tweede helfte het hulle dit na ’n ander vlak toe gevat. Die intensiteit het toegeneem in die tweede helfte en die momentum het toe gedraai.”

Hy sê dit was ’n wedstryd van twee helftes, maar daar is ’n goeie rede daarvoor.

“Dis maar ’n verskriklik tight wedstryd. Dit is ’n armdrukkery totdat jy daai eerste deurbraak kry.

“In die eerste helfte het hulle geveg net om hul voete te vind en om al die senuwees van verlede naweek uit die pad te kry.

“In die tweede helfte het ons dinge gedraai. Dit bly ’n gestoei totdat jy daardie eerste deurbraak kry.

“Toe ons die eerste drie van Makazole Mapimpi druk en toe die volgende een deur Lukhanyo Am, het die momentum geswaai.

“Daarna het hulle met selfvertroue gespeel en ’n hoë intensiteit in alle fasette gehandhaaf. Ek is baie trots op die span en hoe hulle gereageer het op verlede naweek.”

Hy sê Handré Pollard het vir hom uitgestaan.

“Sy hand in die drie (van Mapimpi) was briljant.

“Trevor Nyakane was ook skitterend in die tweede helfte met sy skrumwerk waar hy ’n paar strafskoppe afgedwing het.”

En wat reken hy is die sleutel tot sukses in volgende naweek se beslissende toets?

“Wen ten alle koste. Wat ook al dit vat om te wen, dit maak nie saak of jy met een punt of met tien punte wen nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.