Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
HOOGTEPUNTE: Bokke 17, Leeus 22

Die Britse en Ierse Leeus het danksy 'n uitstekende terugvegpoging in die tweede helfte die eerste toets van die reeks teen die Springbokke met 22-17 gewen.

Lees Stephen Nell se wedstrydverslag hier:

24 Jul. 20:14:32

Nou ja, daar's baie vir die Bokke om aan te werk in die komende week. Hul spel onder hangskoppe, skrumwerk en verdediging van lynstaan-dryfmaalbewegings, is maar net 'n paar van die kwessies wat hulle sal moet aanspreek. Gegewe hoe hul voorbereiding vir hierdie wedstryd verloop het, kon dinge egter seker nog slegter vir hulle verloop het. Minstens is die spelers se wedstrydfiksheid darem nou 'n bietjie verder opgeskerp. Tot volgende Saterdag, lekker aand verder!

24 Jul. 20:09:41

Alun Wyn Jones, die Leeus se kaptein, sê hul skopstrategie en stewige spel in die skrums en lynstane het die deurslag in die tweede helfte gegee.

24 Jul. 20:08:18

Siya Kolisi sê die Springbokke se dissipline in die tweede helfte was hul doodsteek. Hy sê hulle sal tegnies en geestelik reg moet wees vir die tweede ontmoeting.

24 Jul. 20:06:45

Maro Itoje word as Speler van die Wedstryd aangewys. 

24 Jul. 20:06:18

'n Teleurgestelde Siya Kolisi nadat die Leeus die eerste toets gewen het.

24 Jul. 20:04:03

Soos wat vooraf gevrees is, het die Bokke se stoom in die tweede helfte opgeraak. Anders as in die eerste helfte, het die besoekers die spel dikteer, veldgebied en besit oorheers. Dit was veral die Leeus se strategie om die Bokke met 'n lugoorlog onder druk te plaas, wat groot dividende gelewer het.  Jacques Nienaber-hulle sal egter 'n bietjie moed kan put uit die feit dat hulle tot in die doodsnikke nog 'n kans gehad het om die wedstryd te wen. Harde werk lê egter voor voordat die twee spanne mekaar volgende Saterdag, weer in die Kaapstad-stadion, in die tweede toets die stryd aansê.

24 Jul. 19:59:39

Die Bokke val vir vele fases aan, maar uiteindelik verloor hulle besit. Die Leeus sool die bal oor die kantlyn en hulle wen die toets 22-17!

24 Jul. 19:57:32

Farrell se skop is suiwer en nou sal die Bokke in twee minute 'n verdoelde drie moet druk om nog te kan wen. Bokke 17, Leeus 22.

24 Jul. 19:56:02

En daar kom die strafskop. Pieter-Steph du Toit word vir ontoelaatbare spel gestraf toe die Bokke 'n dryfmaal-beweging van 'n lynstaan probeer verdedig het. Owen Farrel gaan pale toe mik...en sy tyd vat in die proses.

24 Jul. 19:54:43

Met die uurglas wat nou vinnig uitloop is die Bokke in hul halfgebied vasgekeer. Die Leeus sal die spel vir die laaste vier minute probeer beheer en selfs 'n strafskop melk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.