Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
HOOGTEPUNTE: Bokke 27, Leeus 9

Ná 'n week van groot omstredenheid, waarin Rassie Erasmus die kollig fel op die wedstrydbeamptes laat skyn het, het die Springbokke ongelooflike karakter getoon deur 'n agterstand met die rustyd uit te wis en oortuigend met 27-9 te wen.

STEPHEN NELL SE WEDSTRYDVERSLAG.

VOORSKOU.

KYK: Hoogtepunte van die eerste toets

LEES OOK:

Leeu-breier beskryf Bokke se ‘plan’ in Afrikaans

Leeus: ‘Blasers verdien respek’




31 Jul. 21:17:34

'n Baie interessante week lê voor, met alles volgende Saterdag op die spel in die Kaapstad-stadion. Lekker aand verder!

31 Jul. 21:09:47

Jean de Villiers sê hy het met Pieter-Steph du Toit gepraat oor sy besering. Hy het gesê dis 'n senuwee-besering in sy skouer en die kans is skraal dat hy in die derde toets sal speel. 

31 Jul. 20:49:11

Victor Matfield sê die Bokke se grootste uitdaging volgende week gaan wees om weer geestelik skerp te wees en met dieselfde intensiteit te speel as wat in die tweede helfte van die tweede toets die geval was.

31 Jul. 20:46:40

Schalk Burger sê momentum is alles in sport en die druk word nou na die Leeus verplaas in terme van hul spankeuse vir volgende Saterdag, asook die speelstyl wat hulle gaan kies.

31 Jul. 20:42:07

Die voormalige Skotse speler Craig Chalmers sê die Bokke het alle afdelings van die spel in die tweede helfte oorheers. Hy sê ook die Bomb Squad het ontplof.

31 Jul. 20:40:34

Jeremy Guscott sê dit was 'n "kolossale" vertoning deur die Bokke. Hy loof die "Bomb Squad" vir die impak wat hulle gemaak het. Hy sê die Bokke het gewys hulle slim en sterk genoeg en kan wen wanneer dit rêrig saakmaak.

Die Leeus weet vanaand dat 'n gekweste Bok die gevaarlikste Bok is!

31 Jul. 20:26:44

Die Bok-pak het die Leeus in die tweede helfte met hul kragspel oorrompel. Vir die eerste keer in die reeks kon hulle in die skrums en met lynstaan-dryfmaalbewegings op die voorvoet kom.

Meer oor:  Britse En Ierse Leeus  |  2De Toets  |  Springbokke  |  Leeus-Toer  |  Britse Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.