Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
RG, Lood kan reg wees vir Britse Leeus

Daar is goeie nuus vir die Bok-bestuurspan en -ondersteuners nadat die twee slotte, RG Snyman en Lood de Jager, se beserings minder ernstig blyk te wees as wat gevrees is.

Trouens, daar is baie hoop dat albei reg sal wees om by die Springbokke se oefenkamp aan te sluit en selfs in die opwarmingswedstryde ’n kans kan kry voordat die Bokke teen die Britse en Ierse Leeus in die reeks van drie toetse sal speel.

RG Snyman
RG Snyman. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die Springbokflank Marcell Coetzee se bobeenbesering herstel so goed dat daar selfs ’n kans is dat hy homself kan toets deur vir die Bulle uit te draf voor die einde van die Reënboogbeker-reeks.

Snyman se terugkeer is tydelik gestop toe hy die afgelope week tydens ’n hardloopsessie pyn gevoel het.

Ná ’n besoek aan ’n spesialis is besluit om ’n klein operasie aan sy knie te doen.

Snyman het sover nog net sewe minute vir Munster gespeel nadat hy sy knieligamente in sy eerste wedstryd geskeur het.

“Ek het gehardloop toe is daar skielik ’n pop in my knie,” sê hy. Hy het dadelik tot stilstand gekom.

Die operasie was suksesvol en Snyman behoort oor so ses weke reg te wees om weer te speel.

“Ek het Dinsdag ingegaan om ’n scope te laat doen op my meniskus en alles het goed gegaan. So, ek behoort omtrent so ses weke te vat om te herstel. Ek behoort betyds reg te wees om teen die Britse Leeus te speel,” sê hy.

De Jager, wat nog in Manchester in Engeland is, het die fibula in sy onderbeen gebreek in ’n fratsongeluk op die oefenveld by sy klub, Sale Sharks, maar hy is nou hard aan die werk om weer te kan begin speel.

“Dit gaan baie goed. Ons druk sodat ek kan reg wees vir die Premierskap-eindstryd, as my klub dit maak.

“Dit lyk asof ek die eerste week in Julie sal kan speel, so ek sal beskikbaar wees vir die opwarmingswedstryde.

Alun Wyn Jones
Alun Wyn Jones, ervare kaptein van die Britse en Ierse Leeus, vandeesweek in Brittanje by die aankondiging van hul toerspan .Foto: Getty images

“Alles gaan tot dusver goed. Ek is positief dat die been goed regkom,” het De Jager aan Rapport gesê.

Dit is nou vier weke ná sy operasie en sy klubafrigter, Alex Sanderson, het al opgemerk hoe verbaas hy is oor De Jager se vinnige vordering.

Coetzee is tans in Pretoria vir die rehabilitasie van die bobeenbesering wat hy opgedoen het by sy klub, Ulster, maar is tevrede met die herstelproses.

Coetzee sal hom op 1 Julie by die Bulle aansluit, maar daar is ’n geringe kans dat hy toestemming kan kry om vroeër vir hulle te kan speel, mits sy besering herstel het.

Meer oor:  Lood De Jager  |  Rg Snyman  |  Britse Leeus  |  Springbokke  |  Beserings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.