Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
Sinckler vrygespreek op byt-klag
Kyle Sinckler Foto: Getty Images

Kyle Sinckler, die vaskopstut van die Britse en Ierse Leeus wat daarvan beskuldig is dat hy die Springbok-slot Franco Mostert in die afgelope naweek se tweede toets in die Kaapstad-stadion gebyt het, is Dinsdag in ’n tugverhoor onskuldig bevind.

Luidens ’n nuusverklaring deur Wêreldrugby het die tugkomitee beeldmateriaal uit verskeie hoeke bestudeer, terwyl Sinckler ook insette gelewer het.

“Die speler het ontken dat hy skuldig was aan vuilspel, wat ’n rooi kaart sou geregverdig het. Nadat alles in ag geneem is, het die komitee besluit dat daar nie bo alle twyfel gesê kan word dat die speler aan vuilspel skuldig is nie. Dit staan die speler vry om onmiddellik weer te speel.”

Sinckler is op die Leeus se plaasvervangersbank vir Saterdag se derde toets teen die Bokke in die Kaapstad-stadion.

Meer oor:  Byt  |  Vuilspel  |  Franco Mostert  |  Kyle Sinckler  |  Britse Leeus  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.