Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
Stormers pak Leeus in spesiale trui

Die Westelike Provinsie en die Britse en Ierse Leeus se wedywering op die rugbyveld strek al die pad terug tot 1891, maar wanneer dié twee spanne volgende week in die Kaapstad-stadion weer slaags raak, sal die tuisspan die eerste keer in die gedaante van die Stormers uitdraf.

Só lyk die spesiale trui waarin die Stormers die Britse en Ierse Leeus die stryd gaan aansê. Foto: Stormersshop

Om dié geskiedkundige geleentheid te vier sal die Stormers in spesiale “erfenistruie” speel, het die WP Rugbyunie Vrydag in ’n verklaring aangekondig.

Dié trui het kenmerkende blou-en-wit strepe om die lang geskiedenis van WP-wedstryde teen die Leeus te gedenk.

WP/Stormers-ondersteuners sal ook replika-truie teen R799 kan aanskaf.

Dié truie is by stormersshop.co.za of blksport.co.za te koop.

• Die Britse Eilande (soos die Leeus in hul beginjare bekend was) het hul eerste wedstryd teen die WP met 6-0 gewen. Dié spanne se laaste kragmeting was in 2009 toe die Leeus net-net met 26-23 baas op Nuweland was.

• Die Stormers en Leeus se wedstryd is vir volgende Saterdag (17 Julie) gereël, maar gegewe die ontwrigting wat Covid-19 tans veroorsaak, kan dit nog verander. – Sportredaksie

Meer oor:  Westelike Provinsie  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Britse En Ierse Leeus  |  Springbokke  |  Wp  |  Britse Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.