Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leeus-toer
Wêreldrugby daag Rassie voor verhoor
Rassie Erasmus, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se direkteur van rugby, is deur Wêreldrugby voor ’n tugverhoor gedaag vir sy video waarin wedstrydbeamptes gekritiseer word. Foto: Argief

Terwyl Rassie Erasmus plaaslik wyd geloof is vir die video waarin hy wedstrydbeamptes se beslissings in die eerste toets tussen die Springbokke en Britse en Ierse Leeus gekritiseer het, het dit hom nou ’n week later diep in die moeilikheid laat beland.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se direkteur van rugby is deur Wêreldrugby voor ’n tugkomitee gedaag, het die beheerliggaam Maandagaand aangekondig.

Saru, as die plaaslike beheerliggaam, is saam met Erasmus in die moeilikheid.

“Suid-Afrika se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, en SA Rugby (Saru) gaan onafhanklik verhoor word vir uitlatings oor wedstrydbeamptes se vertonings in die reeks tussen Suid-Afrika en die Britse en Ierse Leeus,” sê Wêreldrugby in sy verklaring.

Erasmus het in sy video van meer as ’n uur lank die Australiese skeidsregter in die eerste toets, Nic Berry, skerp gekritiseer. Daar is veral gefokus op vuilspel van die Leeus wat ongestraf gelaat is. Erasmus het ook aangevoer dat Siya Kolisi, die Bok-kaptein, nie met ewe veel respek as die Leeus-kaptein, Alun Wyn Jones, behandel is nie.

Saru het Maandagaand in ’n verklaring gesê dat hy kennis neem van Wêreldrugby se klagtes en deur die “aangewese kanale” daarop sal reageer.

“Daar sal geen verdere kommentaar wees tot tyd en wyl die proses afgehandel is nie,” lui Saru se verklaring.

Meer oor:  Blasers  |  Wêreldrugby  |  Rassie Erasmus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.