Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nicky Steyn: Perses groet ’n grote
Nicky Steyn, kaptein en agtsteman van die Griffons, sal weens ’n aanbod om in die buiteland te gaan werk vandag in Oos-Londen teen die Grens die Perses die laaste keer op die veld lei. Foto's: Gallo Images
Nicky Steyn

BLOEMFONTEIN. – Verlede week teen die Boland met sy laaste tuiswedstryd het die trane vlak gelê en dit sal vandag sekerlik weer die geval wees wanneer hulle opdraf.

So sê Nicky Steyn, jarelange staatmaker, kaptein en agtsteman van die Griffons, wat hulle vandag in Oos-Londen in hul wedstryd in die Eerste Liga teen die Grens vir die laaste keer op die veld sal lei.

Die 30-jarige Steyn het ’n betrekking as ’n bourekenaar by ’n internasionale onderneming in Doha, Katar, aanvaar.

Steyn, met 120 wedstryde op die kerfstok vir die Perses, het sy huidige werkgewer en die Perses se breier Oersond Gorgonzola verlede week van sy aanbod in die Midde Ooste en gevolglike uittrede van die spel meegedeel.

Hy vlieg reeds volgende week na Doha en sal sy vrou, ’n onderwyseres by Brebner in Bloemfontein, in November kom haal.

“Ons het die Eerste Liga van die Curriebeker-reeks twee keer gewen in my tyd, maar om die trofee verlede jaar as die kaptein van die span te kon lig, was vir my sekerlik die groot hoogtepunt hier by die Griffons,” het Steyn gesê.

Hy het sy insluiting in die Barbarian-span wat in 2012 in Potchefstroom teen Engeland gespeel het, ook as ’n hoogtepunt van sy loopbaan uitgesonder.

Intussen hoop hy om vandag met sy laaste wedstryd teen die Grens ook op ’n hoë noot te groet.

Verlede week in sy laaste tuiswedstryd het die Perses die Boland met 62-24 in hulle eerste wedstryd in vanjaar se reeks geklop. Grens het verlede week in Kempton Park met 27-48 teen verlede jaar se ander finaliste, die Valke, verloor.

Lees ook:

Kings is betaal, ​maar Luke Watson reis nie saam

Scarra Ntubeni n​ou keelvol vir duiksakke

Howard Mnisi si​en uit na nuwe kapteinsrol

Reën kan Loftus-pa​rtytjie vir Bulle bederf

Breyton Paulse gee H​eyneke Meyer raad

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.