Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nico Scheepers ’n Griffon ná rugbygogga byt
Nico Scheepers

Die rugbygogga het die sitrusboer Nico Scheepers ná ’n jaar op die plaas in Patensie weer gebyt.

Die veelsydige speler, wat voorheen vir die Vrystaat en Griekwas uitgedraf het, speel die seisoen vir die Griffons. Hy gaan heelagter teen die Boland in die kampioen se eerste wedstryd in die Eerste Liga van die Curriebeker-reeks Saterdag in Welkom speel.

“Ek het het besef ek het dalk te vroeg uitgetree,” het die 25-jarige Scheepers gesê.

Sy pa en broer is darem nog daar om na hul sitrus- en aartappel-boerdery om te sien.

Toe die lus hom beetkry om ’n terugkeer tot die spel te maak het hy die Perses se breier, Oersond Gorgonzola, genader.

Scheepers was reeds in twee van die Griffons se oefenwedstryde hier teen Vrystaat se naasbestes betrokke.

Scheepers het ook planne om in die toekoms in die buiteland te gaan speel.

Hy sal Saterdag, soos by Vrystaat en Griekwas, ook die stelskopwerk vir die Perses behartig.

Lees ook:

Frans Steyn oefen sa​am met die Haaie

Leeus brul weer saa​m in skrums

Nou vir WP se nr​. 2-trui

Japanner kap Eddie Jones ​oor sy ‘gebrek aan respek’

Wynand Pienaar en Tertius Maarman is die Griffons se ander twee heelagters. Albei is Saterdag plaasvervangers.

Onder die agttal sal die flank Vincent Maruping ook die eerste keer in die reeks vir die Perses diens doen.

Hy het vir die Sentrale Universiteit vir Tegnologie gespeel en ook ’n draai by die SA Sewesakademie in Stellenbosch gemaak.

Net agt van die spelers, wat in die beginspan was toe die Perses verlede seisoen met die Valke in die eindstryd afgereken is, sal Saterdag weer begin.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.