Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugbykampioenskap
Bokke kies Trevor en Marvin
Marvin Orie vervang die beseerde Bok-slot Lood de Jager vir Saterdag se toets teen die Wallabies in Brisbane. Foto: Gallo Images

Daar is twee veranderings aan die Springbok-agttal vir Saterdag se herontmoeting met Australië in die Rugbykampioenskap.

Die slot Lood de Jager het Sondag harsingskudding teen die Wallabies opgedoen en hy word deur Marvin Orie in die beginspan vervang.

In die voorry kry Trevor Nyakane weer ’n kans in die nr. 1-trui, wat meebring dat Steven Kitshoff plaasvervangersbank toe skuif in Ox Nché se plek.

Die agterlyn is onveranderd, terwyl daar volhard word met die drie losvoorspelers op die bank.

“Dít is ’n ervare groep spelers wat weet wat dit verg om onder druk te presteer en ons almal besef wat nodig gaan wees om die bordjies te verhang ná verlede week se nederlaag,” het die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, gesê.

Nienaber sê Kitshoff se invloed van die bank af sal waardevol wees nadat die Bokke aan die einde van Sondag se toets in trurat was in die skrums.

“Marvin is ook al vir ’n ruk by ons en werk hard in ons oefeninge. Dit is nog ’n groot geleentheid vir hom.”

• Springbokke: Willie le Roux, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am, Damian de Allende, Makazole Mapimpi, Handré Pollard, Faf de Klerk, Duane Vermeulen, Franco Mostert, Siya Kolisi (k), Marvin Orie, Eben Etzebeth, Frans Malherbe, Bongi Mbonambi, Trevor Nyakane. PLAASVERVANGERS: Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Vincent Koch, Marco van Staden, Kwagga Smith, Jasper Wiese, Herschel Jantjies, Damian Willemse.

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Wallabies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.