Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugbykampioenskap
Wallaby-held eersdaags ’n Aussie-burger

Die Wallaby-ster Quade Cooper tel onder diegene wat dit voortaan makliker sal vind om Australiese burgerskap te verkry nadat die regering sy vereistes vir sekere persone met visums aangepas het.

Quade Cooper was Sondag net die doepa wat die Aussies nodig gehad het, met sy skopwerk wat die knoop vir hulle deurgehak het in ’n naelskraapse oorwinning van 28-26 teen die Bokke. Foto: Getty Images

Dié Kiwi-gebore losskakel het as 13-jarige na Australië verhuis en het Sondag in sy 71ste toets vir die Wallabies die Springbokke se doppie met ’n strafdoel geklink.

Cooper is egter reeds op vier geleenthede Aussie-burgerskap geweier omdat hy weens sy besige rugby-skedule te veel tyd buite die land deurgebring het om aan vereistes te voldoen.

Volgens die huidige maatreëls mag ’n voornemende Aussie-burger nie vir meer as 12 maande buite die land wees in die vier jaar voordat daar om burgerskap aansoek gedoen word nie.

Die Sydney Morning Herald berig Australië se minister van immigrasie, Alex Hawke, het Dinsdag veranderinge vir die “mees talentvolle voornemende Australiërs” aangekondig.

“Die unieke uitdagings van werk en reis is nie veronderstel om sommige van ons voortreflikste voornemende Australiërs uit te sluit nie,” sê Hawke.

Cooper op die aanval teen die Bokke. Foto: Getty Images

“Ek het dus die departement van binnelandse sake aangesê om buigsamer te wees wanneer hulle die burgerskapvereistes op kiesbare persone toepas.

“Uitsonderlike mense moenie verhoed word om Australiërs te word weens die unieke uitdagings van die werk wat hul juis so uitsonderlik maak nie.”

Hawke het sonder om Cooper se naam te noem gesê die poel van moontlike kandidate op wie die aangepaste vereistes toegepas sal word sluit in kunstenaars, wetenskaplikes en vooraanstaande sakelui.

Hamish McLennan, hoof van Rugby Australië, meen Cooper verdien burgerskap en sê die Wallaby-skrumskakel Will Genia, wat in Papoea-Nieu-Guinee gebore is, sukkel ook al lank om burgerskap te verkry.

“Dít is erkenning. Nie net vir rugby nie, maar vir alle sportsoorte. As jy die land verteenwoordig, verdien jy burgerskap,” sê McLennan.

Op die vraag of hy meen Cooper se heldedade Sondag teen die Bokke in sy guns sal tel, sê McLennan: “Ek dink dit het beslis nie sy kanse verydel nie.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Quade Cooper  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Burgerskap  |  Wallabies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.