Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugbybase wil Curriebeker-reeks nou tot 15 spanne beperk

Bloemfontein. – Namibië sal glo van volgende jaar af in die Curriebeker-rugbyreeks speel.

Die Suid-Afrikaanse rugbybase het ook verlede week op ’n vergadering in Johannesburg besluit dat die Vodacombeker-reeks nie weer van 2016 aangebied word nie.

Die uitvoerende hoofde en presidente van die 14 plaaslike unies het die vergadering saam met verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) bygewoon.

Lees ook:

Rugbybase wil Curriebeker-reeks nou tot 15 spanne beperk

WP lank sonder Juan de ​Jongh

Blou Bulle se ‘McCaw’ sal Steggies vervang

Namibië sal volgens betroubare inligting een van 15 spanne wees wat aanvanklik in ’n enkelronde in ’n vervroegde Curriebeker-reeks sal meeding. Die reeks kan reeds ná die Varsitybeker-reeks begin.

Ná die enkelronde sal die nege boonste spanne in ’n dubbelronde om die Goue Beker meeding en die ses ander in ’n Eerste Liga.

Die land se rugbybase het aanvanklik op ’n vergadering in Franschhoek voorgestel dat 18 spanne om die Curriebeker meeding, wat nie aanvaar is nie. Namibië en drie ander buurlande soos Kenia en Zimbabwe sou dan daarin gespeel het.

Van die belangrikste ander besluite wat glo in Johannesburg geneem is, is:

 Die ses toetsunies – Blou Bulle, Leeus, Haaie, Cheetahs, OP-Kings en Westelike Provinsie – asook die Luiperds se jonges, kan volgende jaar in nasionale o.19- en o.21-ligas meeding.

Die sewe ander unies se jong spanne kan slegs in ’n nasionale o.20-liga speel.

 Die Super-franchises is glo aan die ses toetsunies toegeken. Dié unies moet self besluit met watter bure hulle vennootskappe wil sluit.

 Saru kan ook binnekort die naam van ’n nuwe hoofborg vir die Curriebeker-reeks aankondig.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.