Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Schalk Ferreira se terugkeer salf aan CJ van der Linde-wond
Schalk Ferreira toe hy in 2013 vir die Southern Kings gespeel het.

PORT ELIZABETH. – Tot siens CJ, welkom terug Schalk!

Daar was groot kommer onder die OP-Kings se ondersteuners toe hulle gehoor het die ervare voorryman CJ van der Linde gaan Frankryk toe om klubrugby vir Montpellier te speel.

Maar laat gisteraand het die Kings-bestuur darem ook nuus gehad wat Van der Linde se vertrek minder pynlik maak.

Schalk Ferreira, een van die helde van die Southern Kings en OP-Kings se spanne in 2012 en 2013, keer terug na die Baai.

Die 31-jarige Ferreira was as loskopstut ’n uitblinker vir die Southern Kings in Super-rugby voordat hy in 2013 vir Toulouse in Frankryk gaan speel het.

Sy nuwe kontrak met die Kings strek tot aan die einde van die 2017-seisoen.

Brent Janse van Rensburg, die Kings-afrigter, was verheug om Ferreira terug in die Baai te kry.

“Die Kings kan nie hul hoop op individue vestig om vorentoe te gaan nie, want dit sal ’n spanpoging verg,” het hy gesê.

“Maar ons glo Schalk het die vernuf om ’n positiewe bydrae tot die dinamika van die groep te lewer.”

Gavin Jones, Ferreira se agent, het die voorryman, wat die Southern Kings ook al ’n keer aangevoer het, se skuif bevestig.

“Hy (Ferreira) was invloedryk in die Kings se Superrugby-veldtog in 2013 en ek het geen twyfel dat hy in die komende seisoene ’n nog groter impak gaan maak nie,” het hy gesê.

Lizo Gqoboka is tans die Kings se voorste loskopstut. Hy het die afgelope twee seisoene groot opgang gemaak en is al selfs twee keer by die Springbokke se oefenkampe betrek.

Van der Linde se besluit om by Jake White se span in Montpellier aan te sluit, was egter gevoelige ’n terugslag, aangesien hy aan albei kante van die skrum kon sak.

Buiten Gqoboka kan die Kings ook vir Charles Marais, Basil Short en Brenden Olivier op loskop kies.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.