Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Sias Ebersohn terug Cheetahs toe
Sias Ebersohn in die klere van die Western Force. Foto: Christiaan Kotze

Sias Ebersohn word weer ’n Cheetah.

Netwerk24 verneem die losskakel sal hom in Augustus weer by die Cheetahs aansluit.

Ebersohn het die afgelope tyd sy rugby vir die Australiese Superrugby-franchise Western Force gespeel.

Vanweë sy veelsydigheid kan hy op heelagter of losskakel oorweeg word. Die Cheetahs het vroeër bekend gemaak Fred Zeilinga (Haaie, losskakel) en Neil Rautenbach (Westelike Provinsie, haker) gaan ook Vrystaters word.

Ebersohn en sy tweelingbroer, Robert (senter), het lank saam vir die Cheetahs gespeel. Robert speel nou vir die voormalige Sprinbok-breier Jake White se Franse klubspan Montpellier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.