Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Slaptjips slyp bure vir Beker
Pieter Rossouw

Die oud-Springbokvleuel Pieter Rossouw se tyd by die Blou Bulle mag verby wees, maar hy gaan Namibië vanjaar by die Wêreldbekertoernooi uithelp.

Rossouw het ses weke terug aangekondig dat hy die Bulle ná agt seisoene gaan verlaat om terug na die Kaap te verhuis, met sy kontrak wat eers einde Oktober verstryk. Maar met Frans Ludeke wat onverwags ná die Super-reeks bedank het, en Nollis Marais wat sy eie hulpspan vir die Curriebekerreeks aangekondig het, is Rossouw oorbodig in die huidige sisteem.

Rossouw – of “Slaptjips” soos hy in sy speeldae bekend was – sou sy kennis by die juniors deel, maar ‘n aanbod van die Namibiese Rugbyunie het onverwags gekom en Rossouw sal binne weke in Windhoek aanmeld.

Volgens Rapport se inligting gaan die Blou Bul Maatskappy en die Namibiese Rugbyunie binne die volgende dag of twee dié skuif aankondig, met Rossouw wat amptelik vir Namibie geleen word tot ná die Wêreldbeker.

Dit kom ná ’n week van onverwagse verwikkelinge in Namibiese Rugbykringe ná die skielike bedanking van die hoof-afrigter Danie Vermeulen.

Vermeulen het Woensdag uit sy pos bedank – minder as drie maande voordat sy span die magtige All Blacks in vanjaar se Wêreldbekertoernooi moet aanpak.

Sy bedanking is deur die Namibiese Rugbyunie aanvaar met tegniese adviseur Phil Davies – ’n Wallieser wat voorheen die Cardiff Blues afgerig het – wat sal oorneem tot ná die toernooi.

Volgens ingeligte bronne was Rossouw se aanstelling die laaste strooi vir Vermeulen, wat ’n plaaslike afrigter wou aanstel, maar sy versoek is blykbaar geweier deur die NRU.

Rossouw sal dié week as agterlyn-afrigter by die span aansluit.

Namibië se kans in vanjaar se Wêreldbekertoernooi lyk maar min, met die span wat op 24 September die verdedigende kampioen in hul eerste wedstryd moet trotseer.

Daarna speel hulle ook teen Tonga, Georgië en Argentinië.

Die Biltongboere speel binne die volgende twee weke in ’n opwarmingsreeks teen Rusland op 11 en 18 Julie.

Die oud-Springbokvleuel Pieter Rossouw gaan Namibië by vanjaar se Wêreldbekertoernooi help afrig.

Rossouw het die Blou Bulle vroeër geskud met sy aankondiging dat hy dié unie ná agt seisoene as agterlynafrigter vir die Kaap gaan verruil – hoewel sy kontrak eers einde Oktober verstryk.

Frans Ludeke se skokbedanking as Bul-afrigter voorverlede naweek – en die aanstelling van Nollis Marais as Curriebeker-breier – beteken egter dat “Slaptjips”, soos Rossouw in sy speeldae bekend gestaan het, skielik oorbodig is op Loftus.

Rapport verneem betroubaar ’n “onverwagse aanbod” van die Namibiese Rugbyunie (NRU) beteken dat Rossouw eersdaags in Windhoek sal aanmeld.

Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) en Namibiese rugbybase gaan dié skuif – waarvolgens Rossouw tot ná die Wêreldbeker in Engeland as agterlynbreier aan dié buurland “geleen” sal word – glo vroeg vandeesweek aankondig.

Dít volg ná ’n onstuimige week in Namibiese rugby, wat Woensdag op die spits gedryf is met die bedanking van Danie Vermeulen as hoofafrigter – skaars drie maande voordat die Welwitchias die wêreldkampioen All Blacks in Londen pak.

Dié span kom ook in groepwedstryde teen Tonga, Georgië en Argentinië te staan.

 Volgens ingeligte bronne was Rossouw se aanstelling die laaste strooi vir Vermeulen.

Hy wou glo ’n plaaslike afrigter hê, maar sy versoek is deur die NRU geweier.

Die Wallieser Phil Davies, wat voorheen die Cardiff Blues afgerig het, neem by Vermeulen oor tot ná die toernooi.

Rossouw sal hom dié week by die Biltongboere aansluit en sal in Windhoek aanbly tot ná die toernooi, waarna hy na die Kaap sal terugkeer.

Die Namibiërs speel op 11 en 18 Julie in Wêreldbeker-oefenwedstryde teen Rusland.

Die span behoort bekende name soos die Saracens-flank Jacques Burger, die voormalige Blou Bul-stut Jaco Engels, die Cheetahs-haker Torsten van Jaarsveld, die Haaie-agsteman Renaldo Bothma; asook die Franse klubspelers PJ van Lill en Theuns Kotze in te sluit.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.