Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Somber atmosfeer onder Haaie
Die Haaie se Marcell Coetzee probeer die Blou Bulle se Jacques du Plessis keer in die twee spanne se Superrugby-wedstryd Saterdag in Durban, terwyl Marcel van der Merwe (Bulle), en die Haaie Jannie du Plessis en Marco Wentzel nader kom. Foto: St
Gary Gold

Gary Gold, die Haaie se afrigter, het Saterdagaand erken sy span se kleedkamer was ’n baie somber plek nadat die Bulle hulle op Kingspark met 17-10 geklop het in die Super-reeks.

Lees ook:

Pierre Spies glo grondslag i​s gelê vir sege teen Stormers

Heinrich Brüs​sow se besering het Reds gehelp

Beseringspook​ in Stormers-kamp

“Ons het baie stof tot nadenke,” het hy gesê. “Ons was lank mededingend en as ons met ’n paar strafskoppe geslaag het en ons nog ’n paar ander kanse wat ons kant toe gekom het gebruik het, kon dinge baie anders gewees het,” het hy gesê.

“Hierdie nederlaag is ’n geweldige teleurstelling, maar ek is tog trots op die poging van die spelers en hoe hulle alles ingesit het.

“Ek het net gevoel ons was soms té angstig met die bal in die hand en moes net kalm gebly, en nie soveel foute begaan het nie.

“Die Bulle het ons gewurg soos hulle altyd doen en hulle het gewag vir die damwal om te bars, maar dit het nie gebeur nie.

“ ’n Oorwinning vir ons sou ’n beloning gewees het vir die harde werk wat ons in die week ingesit het om sake te probeer regstel.

“Ek is steeds nog nie tevrede met ons verdediging nie. Daar moet nog harde werk gedoen word.”

Gold het baie lof gehad vir die vertonings van sy lostrio, Willem Alberts, Marcell Coetzee en Renaldo Bothma, asook die haker Franco Marais.

Die Haaie het hierdie week ’n loslootjie, voordat hulle die naweek op hul oorsese toer vertrek.

“Ons is nie in ’n baie goeie posisie nie, maar ons gaan nie ophou veg nie.

“Toere is vreemde goed en ek het al spanne wat veel slegter daaraan toe is as ons, gesien regruk op toere,” sê hy.

“Wat hierdie nederlaag teen die Bulle soveel meer teleurstellend maak, is dat die nederlae van spanne soos die Brumbies en Crusaders ons baie nader sou gebring het as ons kon wen.

“Dit is nodig dat ons wedstryde wen. Vir my is daar in die oorblywende wedstryde nog baie trots wat herstel moet word.

“Ek sien uit daarna om nou in die moeilike tye op toer met hierdie groep spelers te werk.

“Ons is almal gretig om ons respek terug te kry,” sê die voormalige Bok-hulpafrigter.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.