Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Springbokke
Bokke benoem vir gesogte Laureus-prys

Rassie Erasmus se seëvierende Springbok-rugbyspan is een van die ses benoemdes om as Laureus se Span van die Jaar vereer te word.

Die Bokke het verlede jaar die Rugbykampioenskap gewen en toe in Japan vir die derde keer die Wêreldbeker gelig.

Die Springbokke vier hul WB-sege in Japan.Foto: Getty Images

Laureus se wenners in verskeie afdelings sal op 17 Februarie in Berlyn aangekondig word.

Twee sokkerspanne en twee basketbalspanne is saam met die Bokke benoem.

Lewis Hamilton Foto: Getty Images

Die Engelse sokkerklub Liverpool, wenner van die Europese Kampioeneliga, sowel as Amerika se vroue-sokkerspan wat as die wêreldkampioen gekroon is, is benoem.

Die basketbalspanne is die Toronto Raptors wat die eerste Kanadese span was om die NBA-kampioenskap te wen en Spanje se manspan wat die Wêreldbeker ’n tweede keer gewen het.

Die sesde benoemde span is Lewis Hamilton se Wêreldkampioen F1-renspan Mercedes AMG Petronas. Hamilton self is as Sportman van die Jaar benoem.

* Ander afdelings se benoemdes:

Sportman van die Jaar: Rafael Nadal (tennis), Lewis Hamilton (F1-motorsport), Marc Márquez (motoGP), Lionel Messi (sokker), Eliud Kipchoge (padwedlope), Tiger Woods (gholf).

Sportvrou van die Jaar: Megan Rapinoe (sokker), Simone Biles (gimnastiek), Allyson Felix en Shelly-Ann Fraser-Pryce (albei atletiek), Naomi Osaka (tennis), Mikaela Shiffrin (ski).

Deurbraak van die Jaar: Coco Gauff, Bianca Andreescu (albei tennis), Egan Bernal (fietsry), Japan se rugbyspan, Andy Ruiz (boks), Regan Smith (swem).

Terugkeer van die Jaar: Andy Murray (tennis), Liverpool se sokkerspan, Sophia Flörsch (F3-renne), Christian Lealiifano (rugby), Kawhi Leonard (basketbal), Nathan Adrian (swem).

Sportsterre met gestremdheid: Omara Durand (atletiek), Diede de Groot (rolstoeltennis), Oksana Masters (ski en fietsry), Jetze Plat (fietsry en driekamp), Manuela Schär (atletiek), Alice Tai (swem). – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.