Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
15 Super-spanne steeds te veel, sê Saru-baas
Saru se uitvoerende hoof, Jurie Roux. Foto: Gallo Images

Die besluit om die Superrugby-kompetisie aanstaande jaar van 18 na 15 spanne te verklein, is ’n nodige stap in die regte rigting, maar dis steeds nie die optimale formaat nie.

So sê Jurie Roux, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru).

Sanzaar, die beheerliggaam van die spel in die Suidelike Halfrond, het beslis Suid-Afrika gaan twee franchise-spanne inboet en Australië een as die reeks in 2018 hervat word.

Roux sê egter hy glo 15 spanne is stééds te veel en dat die reeks waarskynlik nooit moes afgewyk het van die suksesvolle formaat toe slegs 12 spanne tussen 1996 en 2005 meegeding het nie.

Druk van uitsaaiers wat honger was vir meer kragmetings om te beeldsend, was deels die rede hoekom meer spanne na 2005 bygevoeg is.

“Die ideale kompetisie was die Super 12. Om doodeerlik te wees: Ons moes nooit daarvan afgewyk het nie. Dis met jammerte dat ek erken die uitbreiding van die reeks is aangedryf deur die geleentheid om meer geld te maak. Politiek het ook ’n rol gespeel. Dit het egter nou ’n punt bereik waar verandering dringend nodig is. As dit nie gebeur nie, gaan ons ernstige probleme hê.”

Die ideale kompetisie was die Super 12. Ons moes nooit daarvan afgewyk het nie.
Jurie Roux

SA se spanne word van ses na vier verminder en Roux sê daar is eenvoudig nie die diepte en gehalte van spelers om ses franchises mededingend te hou nie.

“Die ekonomiese realiteit in SA, en spesifiek die realiteit in rugbygeledere, is van so ’n aard dat dit finansieel onmoontlik is om ses franchises aan die gang te hou. Mense kan maar sê wat hulle wil, maar as jy kyk na die uitslae sal jy besef ons kan nie so aangaan nie.” - Reuters

Meer oor:  Jurie Roux
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.