Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
2de ‘trofee’ in Super-eindstryd op spel

Dit is nie net die Superrugby-titel wat Saterdag op die spel is wanneer die Crusaders en die Leeus in Christchurch slaags raak nie.

Die Crusaders-vleuel George Bridge druk een van sy 15 drieë in vanjaar se Superreeks. Foto: Getty Images

Hierdie eindstryd sal ook bepaal wie vanjaar die span is wat die meeste drieë in die reeks gedruk het.

Die Leeus is op die oomblik net so ’n kortkop voor met 87 drieë teenoor die 86 van die Crusaders. Albei spanne het ná die ligafase met 77 vyfpunters – die meeste in die kompetisie – gespog.

In die twee uitspeelstryde elk waarin die spanne betrokke was om tot die eindstryd te vorder, het die Crusaders nege drieë gedruk en die Leeus 10.

In die vleuel George Bridge het die Crusaders die naasvoorste driedrukker in die reeks met 15, terwyl die Leeus se Springbok-haker Malcolm Marx met 11 die meeste kere vir dié span agter die doellyn gekuier het.

Malcolm Marx op pad doellyn toe in die Leeus se Superrugby-kwarteindstryd teen die Jaguares. Foto: Gallo Images

Sy prestasie is inderdaad iets besonders, want dit gebeur nie aldag dat ’n haker sy span se voorste driedrukker is nie, veral nie as daardie span die meeste drieë in die reeks gedruk het nie.

Vir Swys de Bruin, die hoofafrigter van die Leeus, is die drieë wat sy span druk iets om te koester en hy maak geen geheim daarvan dat hy baie waarde daaraan heg dat hulle die span in die reeks moet wees wat die meeste drieë druk nie.

Vir die Leeus om dié nie-amptelike titel te wen, sal egter ’n uitsonderlike prestasie verg as die Crusaders se vertonings tuis in ag geneem word.

In dié span se laaste vyf tuiswedstryde het hy 25 drieë ingeryg en slegs 10 afgestaan.

Meer oor:  Leeus  |  Superrugby-Eindstryd  |  Crusaders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.