Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Ackers se raad aan Leeus: ‘Bly glo’

Die Leeus moet net bly glo hulle kan die gety hier by die huis weer laat draai en steeds in vanjaar se Superreeks bo uitkom.

Dit is die boodskap van hul vorige afrigter, Johan Ackermann, vir die Rooibontes.

Johan Ackermann rig deesdae in Engeland af. Foto: Getty Images

Ackermann moes self die afgelope naweek die bitter pil sluk van ’n derde nederlaag in ’n ry vir die span wat hy in ’n eindstryd afrig toe Gloucester die Europese Uitdaagbeker met ’n enkele punt (31-30) teen die Cardiff Blues verloor het. Dit saam met die twee nederlae die afgelope jaar as Leeus-afrigter in die Supereindstryde, voltooi dit ’n driekuns wat Ackermann allesbehalwe sou wou hê.

Wat die naelskraapse nederlaag van die afgelope naweek betref, sê Ackermann, was dit ’n groot teleurstelling om wéér in ’n eindstryd te moes tweede kom.

“Ons het ons akkuraatheid verloor in die tweede helfte. Ek kan egter nie die spelers verkwalik nie, want hulle het hul harte uitgespeel en alles ingesit.

“Waar ons in die eerste helfte goed gevaar het en nie veel strafskoppe afgestaan het nie, het ons in die tweede helfte té veel strafskoppe begin afstaan. En toe volg daardie geelkaart en die strafskop teen ons wat die wedstryd gekos het.

“Daar was verskeie omstrede beslissings soos die drie teen ons wat duidelik gedruk is vanuit ’n onkant-posisie en die een wat ons gedruk het maar nie toegeken is nie. Dit is egter nou maar hoe dit in sport gaan en iets wat jy moet leer om mee saam te leef. Tog laat dit ’n bitter smaak in die mond,” erken Ackermann.

Ek glo hulle moet net ’n bietjie meer geduldig wees en steeds bly glo in hulself en noudat hulle weer hier by die huis is, terug op die wenpad kan kom.

Wat die Leeus betref, sê hy hy kyk nog wanneer hy kan en volg hulle steeds met groot belangstelling.

“Die Leeus speel steeds vir my goeie rugby en die styl wat eie aan hulle is. Hulle druk nog baie mooi drieë, maar ek dink daar kort net so iets wat die akkuraatheid van die spel betref.

“Hulle moet net beter afrond en ’n bietjie meer balans in hul spel hê. Ek kry die indruk hulle probeer soms té haastig wees en forseer daardie een aangee. Hulle het dalk net nie genoeg geduld om nog een of twee fases aan te hou voor hulle die drie wil druk nie.

“Dit is ook bewys dat as jy dan veral teen die Nieu-Seelandse spanne daardie soort fout maak, kan dit jou duur te staan kom. Dit is daardie fyn lyn tussen wen en verloor. Tog lyk dit by tye in selfs die wedstryde wat hulle verloor het dat hulle wel die sterker span kan wees.

“Ek glo hulle moet net ’n bietjie meer geduldig wees en steeds bly glo in hulself en noudat hulle weer hier by die huis is, terug op die wenpad kan kom,” sê Ackermann.

“Ek bly steeds een van hul grootste ondersteuners,” verseker hy.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Johan Ackermann  |  Leeus  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.