Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
All Black-blits, bielieslot gaan Stormers toets

Waisake Naholo, die kragtige en haastige All Black-vleuel, is terug in die Highlanders se beginspan vir Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Stormers op Nuweland.

Waisake Naholo/Foto: Getty Images

Naholo is verlede week aan die span onttrek vir die wedstryd teen die Leeus omdat daar nog kommer oor sy kondisionering was, nadat hy vir ’n rukkie met ’n kniebesering buite aksie was.

“Waisake het dié week baie goed in oefeninge gevaar. Hy was verlede week reeds amper reg, maar ons het nog aan sy kondisionering gewerk. Hy lyk nou baie goed,” het Aaron Mauger, die Highlanders se afrigter, aan stuff.co.nz gesê.

As teenvoeter vir die Stormers se agttal het Mauger ook die yslike slot Pari Pari Parkinson in sy beginspan gekies.

“Ons voel sy fisieke teenwoordigheid sal ons in staat stel om op gelyke voet met die Stormers se pak te kan meeding,” sê Mauger.

Parkinson is 2,04 m lank en weeg 119 kg. Die Stormers se Bok-yster Eben Etzebeth is ook 2,04 m lank en weeg net ’n knertsie meer (121 kg).

* Highlanders: Matt Faddes, Waisake Naholo, Rob Thompson, Sio Tomkinson, Jordan Hyland, Josh Ioane, Aaron Smith, Elliot Dixon, Luke Whitelock (k), James Lentjes, Tom Franklin, Pari Pari Parkinson, Tyrel Lomax, Liam Coltman en Daniel Lienert-Brown. PLAASVERVANGERS: Ash Dixon, Ayden Johnstone, Siate Tokolahi, Josh Dickson, Shannon Frizell, Kayne Hammington, Marty Banks en Thomas Umaga-Jensen. – Sportredaksie

* Oorspronklike berig

Pari Pari Parkinson/Foto: Getty Images

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Highlanders  |  Stormers  |  Superrugby  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.