Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
All Black-pos vir Plumtree kan ’Canes kos

Die Hurricanes kan straks kort voor die afskop van die Superrugby-reeks sonder ’n afrigter wees as John Plumtree by die All Blacks betrek sou word.

Die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZR) sal na verwagting binnekort aankondig wie Steve Hansen se opvolger is, maar Ian Foster, hulpafrigter van die All Blacks, en Scott Robertson, hoofafrigter van die Crusaders, is die gunstelinge.

John Plumtree in 2019 tydens ’n oefening van die Hurricanes. Foto: Getty Images

In Nieu-Seeland berig Stuff dat indien Foster aangestel word, Plumtree deel gaan uitmaak van sy afrigtingspan.

Volgens die berig word die gehalte van die hele afrigtingspan van ’n kandidaat in aanmerking geneem deur NZR.

Die 54-jarige Plumtree se vermoë as afrigter word oor die wêreld heen hoog geag. Hy is ’n Kiwi van geboorte en het in sy speeldae onder meer vir die Haaie in Suid-Afrika gespeel en ook later dié span afgerig. Boonop het hy die Suid-Afrikaanse sewesspan in 1994 en 1995 in twee toernooie verteenwoordig.

Hy het verder sy afrigtingstande geslyp by spanne soos Ierland, waar hy in 2013 en 2014 ’n hulpafrigter was en die Walliese klubspan Swansea.

Tog is die verwagting dat Scott McLeod sy pos as verdedigingsafrigter van die All Blacks sal behou, wie ook al as Steve Hansen se opvolger aangewys word.

Sou Robertson egter aangestel word, sal die Crusaders hulle in ’n soortgelyke penarie as die Hurricanes bevind indien Plumtree betrek word.

Foster sal ’n groot blaps (straks met verwysing na sy onderhoude en voorleggings vir die All Black-pos) moet maak om nie die werk te kry nie.
David Moffett

By David Moffett, ’n voormalige ringkop van die NZR, is daar egter nie enige twyfel dat Foster die gunsteling is nie.

“Ek glo daar is net een persoon in die wedloop. Foster sal ’n groot blaps (straks met verwysing na sy onderhoude en voorleggings vir die All Black-pos) moet maak om nie die werk te kry nie.

“Ek dink net nie hulle sal dit vir Razor (soos Robertson bekend staan) gee nie, hoewel hy ’n goeie rekord as hoofafrigter het,” sê Moffett volgens Stuff.

“Iemand soos John Plumtree wie se naam genoem word, kan van kritieke belang wees, omdat dit baie belangrik vir hom (Foster) sal wees om homself met die regte mense te omring.” – Sportredaksie

Meer oor:  Steve Hansen  |  Blitsbokke  |  John Plumtree  |  All Blacks  |  Ian Foster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.