Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
All Black Savea lank langs kantlyn

Die All Black Ardie Savea sal ’n groot deel van 2020 se Superrugby-reeks misloop, omdat hy ’n knieoperasie moet ondergaan.

Dié 26-jarige losvoorspeler wat vir die Hurricanes speel, is by die onlangse Wêreldbeker-rugbytoernooi in die halfeindstryd teen Engeland in Japan beseer.

Ardie Savea stap verslae van die veld na die All Blacks se loesing teen Engeland in die halfeindronde van die Wêreldbeker-toernooi. Foto: Getty Images

Savea, wat een van ses benoemdes vir Wêreldrugby se Speler van die Jaar was, het op sosiale media die nuus oor die operasie met sy volgelinge gedeel.

“Ek het gedink dat ek julle sal laat weet dat ek ’n operasie aan my knie, wat ek in die halfeind beseer het, moet ondergaan,” het Savea op Instagram geskryf.

“Ongelukkig sal ek vyf tot ses maande buite aksie wees en die grootste deel van die Superrugby-seisoen saam met my Canes-broers mis.”

Met die eerste skote van die Super-reeks wat reeds op 31 Januarie klap en die Hurricanes wat hul laaste groepwedstryd op 30 Mei speel, beteken dit dat Savea slegs sy terugkeer in die uitspeelrondes sal maak.

Die All Blacks wat met die derde plek by die Wêreldbeker-toernooi tevrede moes wees, speel in Julie twee keer teen Wallis – in Auckland en Wellington, gevolg deur een toets teen Skotland in Dunedin. – Reuters

View this post on Instagram

The journey continues.. Blessgoo #illbeback

A post shared by Ardie Savea (@ardiesavea) on


Meer oor:  Ardie Savea  |  Superrugby  |  All Blacks  |  Hurricanes  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.