Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
All Black-slot draf voor vir Blues in 2020

Die All Black-slot Patrick Tuipulotu is as die Blues se Superrugby-kaptein aangewys.

Patrick Tuipulotu is vanjaar die Blues se kaptein in Superrugby. Foto: Getty Images

Tuipulotu was verlede seisoen ’n mede-kaptein van die span, maar kry vanjaar alleen die taak.

Die 26-jarige Tuipulotu het al 67 keer vir die Blues in die Superreeks en 25 toetse vir die All Blacks gespeel.

Leon MacDonald, die Blues se hoofafrigter, sê Tuipulotu was ’n logiese keuse.

“Dit is ’n rol wat hy verlede seisoen met Blake Gibson gedeel het, maar Blake het daarvan afstand gedoen om op sy spel te fokus nadat hy die laaste tyd met beserings gesukkel het.

“Patrick is ’n uitstaande internasionale speler en ’n kritieke deel van ons agttal. Hy word op en van die veld af gerespekteer.

“Hy praat nie baie nie, maar wanneer hy praat, luister almal,” sê MacDonald.

Tuipulotu sê hy aanvaar die rol met die grootste nederigheid.

“Dit is ’n voorreg om die leier van die groep te wees en dit is ’n taak wat ek nie ligtelik opneem nie.

“Ek is gedrewe om die spelers, wat hardwerkend is en baie trots daarop is om in die wonderlike stad (Auckland) te woon, te lei.”

Dié voormalige Superrugby-kampioenspan het die afgelope paar seisoene onderpresteer, maar die All Black-talisman Beauden Barrett het by die Blues aangesluit en hoë verwagtinge word vanjaar vir dié span gekoester.

– TeamTalk

Meer oor:  Patrick Tuipulotu  |  Blues  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.