Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Kahui kan towerstaf vir Force swaai

Hy is al 35 jaar oud, maar die voormalige All Black-senter Richard Kahui kan dalk Vrydag ’n bietjie toorkuns oplewer wanneer hy hom vir die eerste keer in die Western Force se beginspan bevind.

Kahui het verlede week as plaasvervanger speelkans vir die Force teen die Brumbies gekry.

Die voormalige All Black Richard Kahui, wat hier vorentoe beur vir ’n drie vir die Toshiba Brave Lupus in Japan se Topliga, bevind hom Vrydag vir die eerste keer in die Western Force se beginspan. Foto: Getty Images

Nou is hy in die beginspan vir die Force se wedstryd teen die Rebels in die Australiese Superrugby-reeks gekies.

Kahui, wat in 18 toetse vir die All Blacks gespeel het, het hom onlangs by die Force aangesluit nadat hy die laaste sewe jaar vir die Toshiba Brave Lupus in Japan gespeel het.

Die Force sal weer deur die skrumskakel Ian Prior aangevoer word nadat hy ’n tyd lank weens ’n skouerbesering buite aksie was.

Die Rebels moes op hul beurt egter ’n ander kaptein kies, omdat die heelagter Dane Haylett-Petty met ’n kniebesering sukkel.

Die losskakel Matt To’omua sal die Rebels nou vir dié wedstryd in die Leichhardt-ovaal in Sydney aanvoer.

Matt To’omua voer Vrydag die Rebels in die afwesigheid van die beseerde Dane Haylett-Petty teen die Western Force aan. Foto: Getty Images

Dit sal die Rebels-agtsteman Isi Naisarani se 50ste Super-wedstryd wees.

Tim Sampson, die Force se afrigter, het gesê sy span moet dié wedstryd vir hul ondersteuners wen, wat steeds ontsteld is omdat die Rebels drie jaar gelede hul Superrugby-status ten koste van die Force behou het.

Dit is Vrydag die eerste keer sedert 2017 dat die Force en die Rebels weer teen mekaar speel.

Die Force is destyds die trekpas gegee al het dié franchise vyf jaar langer as die Rebels in die reeks gespeel.

“Die ondersteuners en spelers het alle reg om so (gegrief) te voel ná wat hulle deurgegaan het en ek dink ons moet vir hulle probeer wen,” het Sampson gesê.

“Ons moet net konsentreer op wat ons kan beheer en dan sal die oorwinning kom.”

Die Force soek egter nog sy eerste oorwinning ná drie wedstryde, insluitend ’n pak slae van 0-24 verlede week teen die Brumbies.

Die Rebels het op hul beurt een wedstryd gewen, een verloor en hulle het ook een keer gelykop gespeel.

Afskop:11:05 (SS 1).

Spanne
Force

15 Jack McGregor, 14 Byron Ralston, 13 Kyle Godwin, 12 Richard Kahui, 11 Marcel Brache, 10 Jono Lance, 9 Ian Prior (k), 8 Brynard Stander, 7 Tevin Ferris, 6 Henry Stowers, 5 Fergus Lee-Warner, 4 Jeremy Thrush, 3 Kieran Longbottom, 2 Feleti Kaitu’u, 1 Chris Heiberg. PLAASVERVANGERS: 16 Andrew Ready, 17 Pek Cowan, 18 Tom Sheminant, 19 Johan Bardoul, 20 Ollie Callan, 21 Nick Frisby, 22 Henry Taefu, 23 Brad Lacey.

Rebels

15 Reece Hodge, 14 Tom Pincus, 13 Andrew Kellaway, 12 Billy Meakes, 11 Marika Koroibete, 10 Matt Toomua (k), 9 Ryan Louwrens, 8 Isi Naisarani, 7 Richard Hardwick, 6 Michael Wells, 5 Trevor Hosea, 4 Esei Haangana, 3 Jermaine Ainsley, 2 Jordan Uelese, 1 Cameron Orr. PLAASVERVANGERS: 16 Efitusi Ma’afu, 17 Cabous Eloff, 18 Pone Fa'amaluli, 19 Matt Philip, 20 Rob Leota, 21 Brad Wilkin, 22 Frank Lomani, 23 Andrew Deegan.

• Die Brumbies speel Saterdag in die GIO-stadion in Canberra teen die Reds.

Dié wedstryd word van 11:10 op SuperSport 1 uitgesaai. – Sportredaksie, Reuters

Meer oor:  Rebels  |  Superrugby Au  |  Au-Reeks  |  Western Force  |  Richard Kahui
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.