Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Allister gaps Stormers se Kobus

Die Westelike Provinsie toon wel vanjaar ’n gesonde wins wat die behoud van sy topspelers betref, maar ongelukkig gaan die naam van die losvoorspeler Kobus van Dyk aan die franchise se verlieskant ingeskryf word.

Kobus van DykFoto: Gallo Images

Hy gaan hom saam met sy spanmaat SP Marais by die voormalige Springbok-afrigter Allister Coetzee se Japanse klubspan, Canon Eagles, aansluit.

Hulle en die Springbok-senter van die Bulle, Jesse Kriel, tel onder Coetzee se vernaamste aanwinste.

Die vooruitsig van meer speelkans in Japan is waarskynlik ’n belangrike rede vir Van Dyk se besluit. Losvoorspelers soos Siya Kolisi, Pieter-Steph du Toit, Cobus Wiese, Juarno Augustus en Jaco Coetzee se besluit om nog minstens volgende jaar hul rugby in die Kaap te speel, gee die Stormers ’n bemoedigende balansstaat met die oog op 2020.

Die 24-jarige Van Dyk sou dié balansstaat onder oë gehad het en weet nóg losvoorspelers soos Sikhumbuzo Notshe, Johan du Toit, Ernst van Rhyn en Marno Redelinghuys loop in die Kaap rond.

Steven Kitshoff, Bongi Mbonambi, Wilco Louw, Frans Malherbe, JD Schickerling, Chris van Zyl, Salmaan Moerat, Dan du Plessis, Sergeal Petersen en Ruhan Nel is van die ander WP-spelers wat besluit het om in die Kaap aan te bly.

Van Dyk, Marais, Eben Etzebeth (Toulon), Damian de Allende (Panasonic Wild Knights) en EW Viljoen (Leicester Tigers) is egter almal op pad na nuwe horisonne.

Daar is ook nog onsekerheid oor Dillyn Leyds se toekoms, terwyl Damian Willemse nog nie ’n ooreenkoms met die WP kon bereik nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.