Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Aphiwe: Loftus het geen vreesfaktor

Die vooruitsig om op Loftus Versfeld teen die Bulle te speel, is nie iets wat Aphiwe Dyantyi se broek laat bewe nie.

Aphiwe Dyantyi lê rieme neer doellyn toe in die Leeus se Superrugby-kragmeting met die Hurricanes die afgelope naweek.Foto: Gallo Images

Vir dié 24-jarige oud-boorling van Ngcobo in die Oos-Kaap, deesdae ’n Springbok-vleuel van die Leeus, is die Loftus-gloriedae – toe legendes soos Naas Botha, Victor Matfield, Bakkies Botha, Fourie du Preez en Morné Steyn van dié plek ’n ondeurdringbare fort gemaak het – irrelevant.

“Ek het nie toe gespeel nie en daarom pla wat tóé gebeur het my nie,” het Dyantyi Dinsdag gesê.

Trouens, hy sien Loftus eintlik maar as so effe van ’n tuisveld vir homself.

“Ek het al van my Springbok-toetse daar gespeel en toe het ons daar geoefen en voorberei. Daarom sien ek dit as ’n veld waarmee ek vertroud is.

“Dit is ook op die Hoëveld en die toestande daar is baie dieselfde as op Ellispark. Die aanpassing gaan nie vir my so erg wees nie,” reken Dyantyi.

Hy glo ook die Leeus sal hul alles gee in hierdie stryd. Selfs sonder verskeie beseerde staatmakers is daar volgens hom geen rede hoekom hulle nie hul stempel kan afdruk nie.

Al het hy verlede Saterdag albei die Leeus se drieë in die nederlaag teen die Hurricanes gedruk, voel Dyantyi hy het nog nie regtig die hoogtes bereik wat van hom ’n Springbok gemaak het nie.

Die feit dat daar verskeie nuwe en jong gesigte in die Leeus se span is, sien hy ook nie as ’n probleem nie.

“As ons bekommerd moet voel oor die jeugdigheid van ons spelers en dat hulle nog nie veel kragmetings agter die blad het nie, sou dit dan ook teen ons getel het toe iemand soos ek enkele jare gelede as ’n groentjie in die span gekom het.

“Hoe ek dinge sien, is dat dit ’n opwindende geleentheid is vir die nuwe ouens wat inkom. Dit is ’n kans om hul teenwoordigheid op die groot verhoog te laat geld.

“Ek is nie iemand wat dinge té veel wil ontleed en tob oor alles wat kan gebeur nie. Ek wil net op die veld draf en die soort spel lewer waartoe ek weet ek in staat is,” sê dié vlieënde Bok.

* Skakel na hoogtepunte van Leeus se wedstryd teen Hurricanes: https://www.youtube.com/watch?v=bs_Ff4cVCGg

Meer oor:  Aphiwe Dyantyi  |  Loftus Versfeld  |  Leeus  |  Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.