Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Ardie, bly weg van TikTok, sê dok

Bly weg van TikTok.

Dít is die mediese advies wat die All Black Ardie Savea gekry het terwyl hy van ’n knieoperasie herstel.

Ardie Savea was een van die All Blacks se uitblinkers in die Wêreldbeker-toernooi verlede jaar. Foto: Getty Images

Die 26-jarige losvoorspeler van die Hurricanes is in Desember geopereer en hy is sedertdien baie aktief op sosiale media.

Hy het die afgelope tyd verskeie kort dansvideo’s op TikTok geplaas. Dit is ’n platform waarop gebruikers kort dans- en musiekvideo’s kan maak en deel.

Dit het die aandag van Savea se dokter getrek, wat hom daarteen gewaarsku het.

“Ek het ’n paar TikToks gedoen en jy moet kan dans, maar my dokter het my aangeraai om summier op te hou daarmee,” het hy Dinsdag by ’n Superrugby-bekendstelling in Nieu-Seeland gesê.

“Ek besef ek moet versigtig wees.”

Savea sê wel sosiale media het hom gehelp deur ’n tyd wat sielkundig uitdagend was.

“Ek het voordat ek die besering opgedoen het gedink ek sal orraait wees daarmee, maar ek het eintlik nogal gesukkel.

“Ek hou daarvan om aktief te wees en byvoorbeeld te gaan stap. Om dit vir vier of vyf weke nie te kon doen nie, was sielkundig taai.

“Toe ek eers weer kon begin loop, was my gemoedstoestand dadelik beter.

“Ek het darem ook geleer om bietjie af te skakel en saam met my gesin tyd deur te bring. My dogter word so vinnig groot.” – stuff.co.nz; nzherald.co.nz

@ardie_savea

When you come off the crutches and can walk again???? BODY ROLL CHALLENGE????‍?? #fyp #foryou #happy

? Joanna - Allexinno, Starchild
Meer oor:  Tiktok  |  Ardie Savea  |  Toetsrugby  |  Superrugby  |  All Blacks  |  Hurricanes  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.