Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Arende laat Kings sweet in Baai
Foto:

Die SWD-Arende het Saterdag in die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth gesorg dat die Southern Kings hard moes werk om hul vriendskaplike wedstryd te wen.

Die Kings was met 42-24 baas, maar kan nie heeltemal tevrede met hul vertoning voel nie.

Dit was hul laaste opwarmingswedstryd voordat hulle oor twee weke hul Superrugby-veldtog tuis teen die Jaguares begin.

Die rustydtelling was 28-12 in die Kings se guns.

In die tweede helfte het albei spanne soveel veranderings gemaak dat dit grootliks twee verskillende spanne was wat mekaar die stryd aangesê het.

Dit maak dus dalk meer sin om die twee helftes kortliks afsonderlik te bespreek.

Die Kings het vroeg die voortou geneem toe die haastige linkervleuel Alshaun Bock die bal onderskep en los deur gehardloop het vir ’n drie.

Die Arende het ’n rukkie later teruggeslaan toe hul linkervleuel, Charles Radebe, ook gaan druk het.

Die Kings het vir die grootste deel van die eerste helfte die botoon gevoer.

’n Drie reg voor rustyd deur Janneman Stander (flank) het die telling ’n bietjie beter vir die besoekers laat lyk.

Die speler wat dalk die meeste aandag getrek het in die eerste helfte, was die Kings se regtervleuel Makazole Mapimpi. Hy het een drie met ’n praglopie aangevoer en self ook een gedruk.

Poerie van Rooyen (skrumskakel) en Mzwanele Zito (slot) het ook nou en dan die oog getref met goeie spel vir die Kings.

Behalwe vir twee skrums het die tuisspan goed geskrum.

Die tweede helfte was ’n taamlike gestotter met heelwat hanteerfoute wat spel slordig gemaak het.

In die skof het die Kings verwoestend geskrum, maar nie met dieselfde energie verdedig nie.

Die Arende het darem by tye te maklik hul verdediging getroef.

Onder die spelers wat vir die wenspan in die tweede skof ’n paar goeie oomblikke beleef het, tel Louis Schreuder (skrumskakel) en Andis Nsila (flank).

Punte: Southern Kings 42 (28): Drieë: Alshaun Bock, Mike Willemse, Andisa Ntsila, Makazole Mapimpi, Malcolm Jaer, Strafdrie (7 punte volgens die nuwe reëls). Doelskoppe: Lionel Cronjé (4), Pieter-Steyn de Wet (1).

SWD-Arende 24 (12): Drieë: Charles Radebe, Janneman Stander, Boela Abrahams, Freginald Africa. Doelskoppe: Johnny Welthagen (1), Leegan Moos (1).

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.