Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Aussie-blaser het groot sê in Rebels-sege

Die “kaarte-koning”, die Australiese skeidsregter Angus Gardner, het Vrydag in Melbourne weer sy stempel op die Super-wedstryd tussen die Rebels en die Reds afgedruk.

Marika Koroibete duik oor vir een van die Rebels se drieë teen die Reds in Melbourne. Foto: Gallo Images
Die Reds het ook hul goeie oomblikke in die wedstryd gehad met die skrumskakel Tate McDermott (bo) wat skaflike spel gelewer het. Foto: Gallo Images

Die Rebels, wat met 30-24 baas was, het drie van hul drieë gedruk terwyl spelers van die Reds weens geelkaarte van die veld af was.

Gardner het, volgens sy standaarde, verbasende selfdissipline aan die dag gelê deur net twee spelers (Samu Kerevi en Scott Higgenbotham) met geelkaarte af te stuur.

Die “kaarte-koning”, Angus Gardner. Foto: Getty Images

Verlede week het Gardner vier spelers met geel- en twee spelers met rooikaarte in die kragmeting tussen die Sunwolves en die Reds in Brisbane gepos.

Maar selfs al het Gardner nie daardie twee manne van die Reds met geelkaarte gestraf nie, sou die Rebels waarskynlik steeds gewen het.

Hulle was op die dag ’n rapsie beter as die Reds en sal verlig wees dat hulle ná drie agtereenvolgende nederlae darem weer op die wenpad is.

Die Rebels speel volgende week tuis teen die Bulle en sal dalk sonder hul onvoorspelbare losskakel Quade Cooper wees.

Cooper het ’n harde stamp teen die kop gekry en moes die veld in die tweede helfte verlaat. - Sportredaksie

Puntemakers:

Rebels 30 (14): Drieë: Marika Koroibete, Anaru Rangi, Tetera Faulkner, Dane Haylett-Petty. Doelskoppe: Quade Cooper (2). Strafdoele: Reece Hodge (2).

Reds 24 (11): Drieë: Isaac Lucas, Harry Hoopert. Doelskop: Bryce Hegarty (1). Strafdoele: Bryce Hegarty (4).

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

    Meer oor:  Rebels  |  Reds  |  Superrugby
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.